Page 49 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 49
vir my turf-uitsprake leer:
‘Glenmorangie – Lagavulin – Laphroaig...’
het van hierdie leer-agtige kroegman se tong gerol.
Aangetas deur die towerstaf van die aand-son,
sak vol bessies, het ons weer ons kamer gevind – rook wat oor mos-dakke krul, skadu’s van onderklere
getatoeëer op krakende mure.
* Puck: In Rudyard Kipling se storie 'On the Great Wall' uit sy versameling ‘Puck of Pook’s Hill’ (1906), trek Puck die elf (hy verwys na homself as “die oudste ding in die oorlewering”), vir Parnesius uit ‘n ander wêreld uit, om vir die kinders stories te vertel oor die Romeine wat Hadrian se Muur teen die plaaslike Pikte verdedig het -- hierdie onoorwonne wilde manne het volgens gerugte, getattoeërde of geverfde gesigtegehad.
* uisge beatha: Gaelies vir lewenswater / whisky