Page 47 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 47
SAKVOL BESSIES
In ‘n krakende kamerjie in Kirkcudbright,
waar jy onder die oop dak-lig gesit en rook en my nat gewaste onderklere geskets het, het ons die roep van Hadrian se muur gehoor.
Teen sonsopkoms
het ons in die taxi gebondel.
Toevallige kamermaats by ‘n kunsfees
het ‘n fotograaf vergesel op sy een-dag tog.
Eerste stop, die buur-dorpie –
voorraad aangevul – kamerabatterye en hawerkoekies, en buite die mistige koöperasie
het ek, delikaat-gebalanseer, in die distels gepiepie, terwyl jy waggestaan het vir die bus.
Êrens verder suid
het ons die grens na Engeland oorkruis --
dáár het ‘n aankomende bestuurder
om die draai beheer verloor, die bus se buffer afgeskil... in ‘n boom ingeslinger. Ons het uitgepeul.
Almal gelukkig lig daarvan af;
en ek was bly oor my ontdekking van Rowan-bessies – ek’t lank gewens om hierdie vrugte
met magiese kragte te vind.