Page 48 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 48

Ure later het Hadrian se Muur oopgerol in sagte reën. Die Pikte was die wildste, het niemand gevrees nie. Die Romeine het die muur gebou
om hierdie getatoeëerde manne buite te hou.
Oor teen klip kon ek vir Puck* hoor --
die oudste ding in die oorlewering,
besig om soldate-stories vir kinders te fluister.
Op die noordertrein terug
het ek ‘n toneel onthou
uit The Unbearable Lightness of Being – Sabina het uit ‘n steenkooltrein geleun... haar lyf weer ingetrek, gelag,
op ‘n minnaar se skoot geklim,
haar gesig deurweek met reën.
Ons het teruggekruis na die land van Pikte --
in ‘n dorpie afgeklim, saam met verweerde manne met uisge beatha glasies geklink,
die kaggel verlaat met gloeiende wange --
longe geskok van vars lug,
meeue roer die broeiende storm,
en weer ‘n keer, ‘n kamerasneller.
Op die bus tussen Dumfries en Kirkcudbright
het ek deur ‘n boekie oor enkel-mout geblaai terwyl Jimmy the Tex uit eie inisiatief

















































































   46   47   48   49   50