Page 66 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 66

Jy vertel vir my
dat Wiskunde moeilik is,
maar die sekerste pad na waarheid; volwasse-wees is swaar –
kook, skrop, wasgoed, rommel uitsit; en dat jy dit nie sal verruil nie.
Ek probeer alles onthou.
Ons steel tyd
om afskeid te neem.
Deel ‘n ete by ‘n vegan-plek.
Reik na mekaar
onder die fraai liggies van Hoekstraat.
Skei, gepantser deur serpe.
Twee blokke verder aan langs die kanaal stop ek – draai om
vind jou in trane.
My rondritsende twintigjarige by jou getroue maat:
tweedehandse, pedaal-rem
fiets sonder ratte. Oorlaai met boeke. Raam van staal.



















































































   64   65   66   67   68