Page 65 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 65

VER EN WYD
Om jou weer te sien
vind ek ‘n plek op AirBnB
in Gröningen se plat kontrei onder die Noordsee.
Jy draf klas. Ek bly in – lees, skryf verse. Reik ver en wyd.
Doen gedagte-joga. Nuut...oer-oud. Wesens en dinge.
In Vermeer-lig kribbel ek vrae.
Jy besoek na donker. Aan tafel sê jy, “Selfs al ontsnap suiwelkoeie die slagpale, word hulle van hul kalwers geskei.”
Dan bemeester jy algebra-vergelykings. Drieuur in ontwake droom
hoor ek hoe jy wegloop
in nag se ysige arms in.
Ons wag vir pa om op te daag.
Ek het ‘n verrassingskaartjie gewaag: voor-Kersfees met ons dogter. Buiteseisoen kan ons bekostig.






















































































   63   64   65   66   67