Page 72 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 72

BOOKINGDOTCOM I
Die blou en wit keramiekteëls
is virseker so besonders as wat dit aanlyn geblyk het.
My Castiliaanse onbekwaamheid
frustreer die jong ontvangsdame.
Sy skud haar kop – om hierdie tweegeveg
van handgebare te beëndig,
sê sy dat my bespreking gekanselleer is.
Maar ek staan vas.
Uiteindelik wek sy haar bestuurder uit siesta
aan die anderkant van die foon...
My liggies gaan aan – die afgetrekte onkoste
is terugbetaalbaar, dit was net om my krediekaart te toets. Ek val terug op Google:
“Sorry that I don't speak Spanish.
Thank you for your help.
What is your name?”
“Maria”,
hoor ek my naamgenoot antwoord
soos ek die tas rol na my kamer
versteek tussen die skoonmakers-vierkant en die dreunende verkoopmasjien.















































































   70   71   72   73   74