Page 73 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 73

II
Na ‘n aandstappie vir ‘n glas wyn
en ‘n sny straatlewe, keer ek weer kamer toe,
Google Triana-omgewing,
leer dat hierdie keramiekteëls
uit die rivier se klei gebak is,
soos al die ander
wat die fassades van poëtiese leefwyses klee.
Nou ver weg van die konferensielokaal se geluide
wat spoel oor rusbanke gedrapeer met afgevaardigdes -- veeltalige gesprekke, hysbakmusiek,
‘n donderende binneshuise rivier,
handdroërs wat blaas soos jets wat opstyg
telkens as ‘n ruskamerdeur oopgaan.
My aanbieding is verby.
Ek val neer op die motelbed,
plastiek kraak onder die deken.
Verdiep my in navorsing.
Reik na my foon -- Paco de Lucía se Triana
verdrink voorportaal-onderhandelings
en Cokes wat in die skag afdonder.















































































   71   72   73   74   75