Page 74 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 74
III
Na ek bruggies gekris-kras
en Google Maps gevloek het om middernag (want dis blind vir padwerke en doodloopstrate)
is my adrenalien te hoog vir slaap.
Hier terug in die kamer
dwaal my oor-aktiewe verbeelding steeds
op rivier-oewers, tuiste van sigeuners.
Ek lees langs ‘n kaal bedlampie
wat lyk soos ‘n leë toiletrol
met ‘n tafeltennisballetjie op,
of ‘n oorblyfsel afgebreek
van ‘n vlot wat stadig draai op somber musiek buite in die nou steeg –
beeldskone Esperanza de Triana in wit gedrapeer, hoog bo ‘n see wenende kerse.
Die matras kraak as ek bene rek
terwyl ek neerskryf wat ook al opstoot.
Steeds klam van die kongres
se onophoudelike, vyftien-minuut, parallelle sessies. In die stort hou ek asem op
om die drein-stank te vermy
wat styg uit die binnegoed van die stad.
Droog, pajamas aan, bril op,
sien ek