Page 99 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 99

EERSTE INDRUKKE
Vir Istanbul het ons ‘n halfdag gehad. Ons drie het verby winkelvensters
die oggend ingedwaal...
droë granaat, jasmyn, saffraan.
Waar ‘n man mielies rooster
en iemand torings sesamebrood smous
bedek ons ons hoofde. Sonder skoene
het ons oor die moskee se blou en rooi matte geloop.
Weggesteek ‘n paar stegies aan
het ons kliptrappe gevolg, af na die akwaduk waar al vir eeue lank,
getye dopgehou en water gekanaliseer word. Daar staan hulle, reg agter in die skemer. Twee uitgekerfde pilare –
Medusa-koppe met wriemelende hare.
Een op haar sy, een onderstebo.
Soos elke ander keer
toe ek my neus gevolg het vir ‘n foto, vind ek weer my pad
deur my maats se lag te volg
wat deur die vreemde eggo.


















































































   97   98   99   100   101