Page 6 - 22 Cotton SA May 2020
P. 6

/ MARKVERSLAG
         / MARKVERSLAG

         KATOEN SA



                                     deur Mario Botha, Katoen SA

              DIE NEGATIEWE IMPAK VAN                    neem. Maatreëls word wêreldwyd ingestel
          COVID-19 LEI TOT ONSEKERHEID                   om die verspreiding van die virus te probeer
                                                         beperk, terwyl sakebedrywighede en alle-
            IN HANDEL, WAARDEKETTINGS                    daagse aktiwiteite feitlik tot stilstand gekom
                EN VOORUITSKATTINGS                      het.
         Die volle impak en gevolge van die coronapandemie op   Streng inperkingsmaatreëls om die
         menslike welstand en die globale ekonomie is nog onbekend,   verspreiding van die coronavirus teë te
         terwyl die situasie voortgaan om groter afmetings aan te   werk, het aansienlike sosiale en ekonomiese
                                                         kostes tot gevolg. Veral vervaardigings- en
                                                         leweringsbedrywighede in Asië en Suidoos-
                                                         Asië het afgeneem as gevolg van bestellings
                                                         wat vertraag en/of selfs gekanselleer word.
                                                         ’n Verdere verlangsaming in wêreldwye
                                                         ekono miese groei kan verwag word, wat
                                                         bykomende druk op die katoensektor kan
                                                         plaas.
                                                           Die  International  Cotton  Advisory
                                                         Com mittee (ICAC) se skatting vir wêreld-
                                                         pro duk sie vir die 2019/20-seisoen bly
                                                         on veranderd op 25,9 miljoen ton vesel,
                                                         terwyl die verwagte verbruik afwaarts na
                                                         24,6 miljoen ton aangepas is. Verbruik in
                                                         Asië en Suidoos-Asië is afwaarts aangepas
                                                         omdat kleinhandelverkope in Europa,
                                                         Noord-Amerika en China aansienlik afge-
                                                         neem het. Chinese katoenverbruik vir
                                                         die 2019/20-seisoen is reeds afwaarts
                                                         aangepas, deels weens die handelsdispuut
                                                         met die VSA, maar ook weens die ver-
                                                         langsaming van die wêreldwye ekono miese
                                                         groei. Katoenverbruik deur China vir die
                                                         huidige seisoen word nou op 7,1 miljoen
                                                         ton geraam, ’n 14%-verswakking teenoor
                                                         die vorige seisoen.


                                                                     “  Die

                                                                volle impak en
                                                           gevolge van die corona­
                                                            pandemie op menslike
                                                           welstand en die globale
                                                               ekonomie is nog
                                                                  onbekend.”




          6  |  Katoen SA \\ Cotton SA
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11