Page 6 - 17 Cotton SA March 2019
P. 6

/ MARKVERSLAG


               KATOEN SA



                                            deur Koot Louw, Katoen SA

               Die COTLOOK A INDEKS is ’n                        WÊRELDVOORRADE
               daaglikse aanwyser van internasionale   COTLOOK   AFGELEIDE   LAER, VERBRUIK
               katoenveselpryse en is die gemiddeld   A INDEKS  SA “PRYS”
               van die vyf goedkoopste kwotasies (koste          BESTENDIG EN
               en vrag) van die belangrikste katoentipes
               wat internasionaal verhandel word.   Gemiddelde   Gemiddelde   PRODUKSIE LAER
               Bestemming: Verre Ooste.    VSA c/lb   SA c/kg
               Desember 2018                85,66    2 684,67    Die International Cotton Advisory
               Verlede week                 83,58    2 489,70    Committee (ICAC) projekteer dat
                                                                 wêreldeindvoorrade van katoen
               (28/01/19 tot 01/02/19)                           teen einde Julie 2019 met 5% tot
               Januarie 2019                82,43    2 525,88    17,6 miljoen ton gaan afneem, wat
               Vandag (01/02/19)            83,75    2 455,67    gelykstaande is aan ongeveer twee-
               Vandag ’n jaar gelede        87,85    2 325,10    derdes van wêreldkatoenverbruik.
               Vandag twee jaar gelede      84,25    2 535,36    Die globale afname in voorrade
                                                                 word gedryf deur bestendige
                                                                 wêreldkatoenverbruik te midde van
                                                                 ’n afname in wêreldkatoenproduksie.
                                                                 Hierdie vermindering in wêreld-
                                                                 eindvoorrade is die vierde agtereen-
                                                                 volgende seisoen van afname sedert
                                                                 die historiese hoë vlakke van byna
                                                                 23 miljoen ton vier jaar gelede.
                                                                   China se aandeel in die globale
                                                                 katoenvoorrade sal na verwagting
                                                                 voortgaan om af te neem tot sowat
                                                                 7,6 miljoen ton teen die einde
                                                                 van Julie 2019, die laagste voor-
                                                                 raadvlakke sedert 2011/12. Terwyl
                                                                 Chinese katoenvoorrade afneem, sal
                                                                 katoenvoorrade buite China vanjaar
                                                                 vir die vierde agtereenvolgende
                                                                 seisoen na verwagting steeds toeneem
                                                                 met sowat 1% tot ongeveer 10 miljoen
                                                                 ton, ’n historiese hoogtepunt.
                                                                   Wêreldkatoenproduksie vir
                                                                 2018/19 word deur die ICAC op
                                                                 25,9 miljoen ton geraam, ’n daling
                                                                 van 3% teenoor die vorige seisoen.
                                                                 Die verwagting is dat die 2018/19-
                                                                 oes van ’n aantal van die voorste
                                                                 katoenproduserende lande ’n daling
                                                                 gaan toon:
                                                                 •   Indië: verwagte daling van 7%
                                                                   tot 5,92 miljoen ton weens
                                                                   onvoldoende reënval
                                                                 •    Die VSA: verwagte daling van 11%
                                                                   as gevolg van droogte en orkane


               6  |  Katoen SA \\ Cotton SA
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11