Page 22 - 22 Cotton SA magazine
P. 22

/ PRODUKSIE EN TEGNOLOGIE

                   OESOPBRENGS EN



               DAGGRADE







                              saamgestel deur dr. Annette Bennett, Katoen SA





        Saadkatoenopbrengs word dire k
        beïnvloed deur die daggrade (dd),
        oftewel “day degrees”, ook bekend
        as grade hitte-eenhede (ghe), wat
        oor die seisoen vir die katoenplant
        beskikbaar  is.  Die belangrikheid
        daarvan word weer eens onder
        die produsent se aandag gebring
        en gerieflikheids halwe sal  verwys
        word na dag grade (dd). Om te ver-
        seker dat veselrypwording bereik
        word (wat die verlangde mikronêr,
        vesellengte en veselsterkte insluit),
        is ’n voldoende aantal daggrade
        nodig om katoen suksesvol in Suid-
        Afrika  te  verbou. Dit  is  belangrik
        om die daggrade te bereken om
        die lengte van die seisoen vir ’n
        sekere gebied te bepaal. Saam met
        ’n konstante minimum temperatuur
        van ten minste 17,5 °C en die totale
        aantal daggrade beskikbaar, be-
        paal laasgenoemde die geskikste
        plantdatum en wanneer die katoen
        geoes kan word.
           Die ontwikkeling van die katoen  -
        plant se vrugpunte op die vrugtakke
        hang af van die beskikbare dag-
        grade.  Die  katoenplant  groei
        ongeveer 150 tot 160 dae. Soos
        temperature toeneem deur die
        sei soen,  vermeerder die  aantal
        beskik bare sonligure, wat belang-
        rik is vir die rypwording van die
        vesel. Die produsent moet alles in
        sy vermoë doen om te verseker dat
        die aantal daggrade genoeg sal

          22  |  Katoen SA \\ Cotton SA
   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27