Page 12 - 19 Cotton SA September 2019
P. 12

/ OP DIE BOL


                    ONS GROET ’N LEGENDE


                                  – HEIN SCHRÖDER
         Hein se betrokkenheid in die katoenbedryf het oor ’n tydperk van meer as 50 jaar gestrek. In Januarie
         1965 sluit hy aan by die Departement van Landbou waar hy as leerlingtegnikus in die katoenafdeling
         geplaas word, en vir die eerste keer kennis maak met katoengradering en -klassifikasie en ander
         verwante katoenfunksies. Gedurende hierdie tydperk studeer hy verder en verkry sy Nasionale
         Diploma vir Landboutegnikusse in 1967. In 1987 word die graderingsafdeling wat onder Landbou-
         en Produkstandaarde by die departement gehuisves was, oorgeplaas na die Katoenraad (nou Katoen
         SA) waar Hein tot en met sy aftrede die posisie van kwaliteitsbestuurder beklee het.
           Hein het hom oor die jare onderskei as ’n internasionale kundige op die gebied van katoenontleding.
         Hy is een van ’n paar kundiges wat, voordat tegnologie sy opwagting gemaak het, die tegniek
         vervolmaak het om katoen met die hand en oog te gradeer en te
         klassifiseer. Ons sal hom altyd onthou vir sy passie vir die bedryf en
         dat geen taak ooit te groot vir hom was nie.
           Nadat Hein amptelik die aftreeouderdom van 65 jaar bereik
         het, het hy vir verskeie jare nog sy dienste op ’n kontrakbasis aan
         die bedryf beskikbaar gestel. Ongelukkig het sy gesondheid ’n jaar
         of twee gelede begin agteruitgaan. Dit het hom gedwing om sy
         betrokkenheid by Katoen SA verder af te skaal en uiteindelik die tuig
         neer te lê sodat hy meer tyd saam met sy geliefdes kan spandeer.
           Ons bring hulde aan ’n legende wat vir baie jare net sy beste
         gegee het vir die bedryf waarvoor hy soveel liefde en passie
         het. Sy teenwoordigheid en kundigheid sal beslis gemis word
         en die voorsitter, raad en personeel by Katoen SA wens hom ’n
         welverdiende ruskans en seën toe, met goeie gesondheid vir die
         goue jare wat vir hom voorlê.
































          12  |  Katoen SA \\ Cotton SA
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17