Page 9 - 08 Cotton SA March 2016
P. 9

Vervolg van bl 5 iMProved teChNoloGY PlaYed aN iMPortaNt Part iN the PerforMaNCe of the sa CottoN CroP
                                                                                        belangrike  veseleienskappe
                                                                                        soos vesellengte, micronaire
                                                                                        en veselsterkte.
                                                                                        Candia BRF, een van BAYER
                                                                                        CROP SCIENCE se kultivars wat
                                                                                        gedurende die 2014/2015-
                                                                                        produksieseisoen op groter
                                                                                        skaal aangeplant was, het bo
                                                                                        en behalwe sy uitstekende
                                                                                        ontkieming en pluispersentasie,
                                                                                        verder bygedra tot die boge-
                                                                                        middelde  goeie graad en
                                                                                        kwaliteitsprestasies wat in die
                                                                                        afgelope twee seisoene behaal
                                                                                        is. Vesellengtes (“Upper Half
                                                                                        Mean Lenght”) van tot 1.25”
                                                                                        (31.75mm) is verkry.
                                                                                        Sedert die bekendstelling van
                                                                                        die” Roundup Ready” Kultivars
                                                                                        gedurende die  2003/2004-
                                                                                        seisoen was daar ’n duidelike
                                                                                        afname in die “Upper Half
                                                                                        Mean Length” groepering  en
                                                                                        het die vesellengte ‘n meer
                                                                                        sywaartse tendens gevolg tot
                                                                                        voor die “Round Up Ready
                                                                                        Flex” kultivars op die toneel
                                                                                        verskyn het.
                                                                                        Dit is duidelik dat veral die
                                                                                        2011/2012 produksie jaar van-
                                                                                        uit ’n klimatologiese oogpunt
                                                                                        gesien, van die moeilikste
                                                                                        verbouingsjare was. Hierdie
                                                                                        swak weersomstandighede
                                                                                        het ook saamgeval met die
                                                                                        bekendstelling van nuwe BRF
                                                                                        Kultivars  soos DP210 en DP12
                                                                                        wat grotendeels bygedra het
                                                                                        tot die swakker prestasie van
                                                                                        die SA-katoenoes.
                                                                                        Die algemene siening dat die
                                                                                        afgelope twee seisoene goeie
                                                                                        katoenjare was, het sekerlik
                                                                                        bygedra tot die beter grade
                                                                                        en waar dit veral kwaliteit
                                                                                        betref, uitsonderlik presteer
                                                                                        het. In hierdie geval het veral
                                                                                        Candia BRF ’n groot bydrae
                                                                                        gemaak spesifiek onder droë-
                                                               land toestande waar groot hoeveelhede hektare in die
                                                               Noordwesgebie d geplant was.
                                                               Die vraag is egter of hierdie tendens van verbetering in
                                                               die kwaliteitsprofiele veral wat vesellengte betref, uit ’n
                                                               bemarkingsoogpunt gesien, beter benut kan word!


                                                               HEIN SCHRODER
                                                               KATOEN SA











                                                                                                Volume 18 - No 1  |  9
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14