Page 3 - Getroud met 'n Leuen
P. 3

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Hierdie boek is opgedra aan:

               Hierdie boek is opgedra aan my seuns wat deur moeilike tye in hulle lewe moes gaan en beslis
               nie ’n idee gehad het waarom die lewe so stief moes wees nie. Hulle was immers maar net
               kinders en baie jonk toe die gebeure afgespeel het. Dat hulle slagoffers moes wees van ’n
               wrede stryd vir oorlewing is vir my ’n diep hartseer en smart. Die feit dat dit 'n stryd met NPA
               was, en so iets nie alledaags was nie, het die aangeleentheid erg bemoeilik en bowenal die
               feit dat mense met NPA hoofsaaklik nie bewus is van wat hulle doen nie en eintlik bejammer
               moet word. Ek het geweet dat pyn en ellende oor die pad gesaai sal lê en daarom het ek nie
               probeer om enige inligting aan hulle te gee vir die dinge wat ek self nie ten volle verstaan het
               nie. Vir daai ellende en wanhoop en woede is ek eindeloos jammer. Die jammerte lê eintlik
               daarin  dat  volwassenes  soms  net  nie  die  vermoë  het  om  bo  hulle  drang  vir  wraak,  hoe
               misplaas  dit  ook  mag  wees,  kan  uitstyg  nie.  Maar  selfs  dit  word  in  'n  mate  in  die  boek
               uitgespel, soms is volwassenes net nie daartoe in staat om ander bo hulleself te stel nie, maar
               wanneer  dit  jou  eie  kinders  is,  bly  dit  onbegryplik  en  onvergeeflik  omdat  die  waarheid
               doelbewus verkrag word. kinders kan nie bepaal wat reg of verkeerd is as daar vir hulle geen
               kans gegun word nie en ook nie die regte inligting gegee word om vir hulleself te besluit nie.
               Na soveel jare word dit eintlik vir hulle al moeiliker om nie te oordeel en te veroordeel nie
               want die bedrog word naderhand as die waarheid voorgehou.

               Die boek is vol betekenis vir my twee susters. Beide van hulle is in hulle jong dae deur 'n
               familielid seksueel gemolesteer. Die impak van hierdie gebeure het ver en wyd in hulle lewens
               'n aanslag en ‘n inslag gevind. Ek het oor die jare maar al te veel tot die slotsom gekom dat
               daar vele psigologiese insette in mense se lewens is, en dat die impak daarvan meeste van die
               tyd onwetend verby waai, maar die resultate kan verreikend of verwoestend wees. As 'n mens
               nie bewus is daarvan nie, dan stoei jy eindeloos met jouself sonder om by 'n antwoord uit te
               kom. Ander kere is dit so asof mens nie die waarheid wil konfronteer nie, of dalk nie by die
               waarheid wil uitkom nie. Dalk is daar vir hulle 'n stukkie verlossing hier te vinde, veral as dit
               oor ons kinderjare gaan. Vir hulle liefde en ondersteuning is ek bitter baie dankbaar. Vir seker
               was daar ook persoonlikheids afwykings in gebeure ingevleg.

               Die hele boek gaan egter net so vir ons Vader in die hemel. Niemand sal ooit kan besef hoeveel
               smart en duisternis en wanhoop en onsekerheid 'n mens in situasies soos hierdie beleef nie,
               en in my geval was daar niemand behalwe die Almagtige Here in die hemel, geen aardse
               sterfling op wie ek kon steun of op wie ek kon vertrou nie. Wanneer dit gevoel het asof die
               benouenisse van hofsake, die verloor van my kinders, hulle lot en toekoms en uiteindelik die
               alleen grootmaak se verantwoordelikhede, net te veel word of as depressie te hard klop, was
               die Here se eindelose nabyheid my totale oorlewing en is dit presies dit wat ek hier in die
               verwerkte Psalms probeer uitdruk het. Die Psalms in hierdie boek is vir lees en geensins 'n
               poging om 'n nuwe Psalm Bybelboek te genereer nie.
               Aan  elke  liewe  slagoffer  van  'n  narsis,  wil  ek  net  sê  hoe  jammer  ek  is  vir  die  geestelike
               verwaarlosing en die trauma en die pyn waardeur hulle moet gaan. Om te dink dat narsiste
               jou ‘my liefling’ of ‘my skat’ en ‘my wonderlike man of vrou voor ander mense sal noem, maar
               wanneer hulle alleen is met jou, die slagoffer, sal daar nie 'n enkele liefdevolle blik, kyk of
               drukkie wees wat eg is nie, nie eers in 'n 20jaar periode nie. Dit weet ek vir 'n feit. Dit is



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                       3
   1   2   3   4   5   6   7   8