Page 8 - Getroud met 'n Leuen
P. 8
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Inleiding
Here’s the deal, sweetie. For several months or so, I am going to
pretend to be everything you ever wanted. I will shower you
with attention, affection and all manner of stuff to make
you feel special. Then once I know you are depending on me &
have a commitment, I am going to quit pretending & be who I
really am. I am going to start treating you really badly. I’ll
say insensitive things, I’ll cheat, I’ll lie, I’ll be very cruel and I
will humiliate you in public. Hey, I will even beat you. Your
job will be to figure out what happened & do everything in
your power to restore the relationship to what it was until you
either die, try to kill yourself, end up in hospital or collapse &
get sent to hospital which is funny because there is no chance
whatsoever, I’ll pretend to be that nice guy ever again. So,
what do you say, sweetie? Do we have a deal? Several years of
hell in exchange for a few months of fantasy?
Baie dankie dat jy besluit het om die boek te koop en ek hoop dat dit vir jou of vir iemand
anders sal help om nie verder in die afgrond van verwarring, wanhoop en depressie te verval
nie. Ek verwys nou na die soort wanhoop wanneer jy emosioneel mishandel word binne 'n
verhouding en dit onmoontlik is vir jou om te verstaan wat aan die gebeur is, en waarom dit
gebeur. Baie mense sal miskien nou nie hou van die woord toksiet nie, maar aangesien dit
haas onmoontlik is om 'n skulderkenning en dan 'n diagnose te kry van hierdie mense, gaan
ek bloot die woord toksiet gebruik. Buitendien, die ongelooflike wreedheid waarmee hierdie
skynheilige en liefdelose mense ander verwoes, regverdig die bekendmaking van hulle modus
operandi.
Wat reg aan die begin verstaan moet word, is dat narsiste (‘covert’ of bedekte of versteekte
narsiste) vir almal behalwe sy slagoffer, wat gewoonlik die wederhelf is, soos 'n normale en
simpatieke mens voorkom. Die slagoffer word in meeste van die literatuur as die
BA(Beduidende Ander) of in Engels die SO(Significant Other) genoem. Narsiste is meesters
daarin om 'n vals front te handhaaf in alles wat hulle doen: hulle bedrieglike lewe en hulle
liefdeloosheid is verskuil agter 'n masker of fasade van omgee, maar dis net woorde. Omdat
hulle geen empatie het nie, is dit die EEN ding wat hulle die meeste vervals vir die buite wêreld,
'n skyn van omgee. ‘n Mens kry beide vroulike en manlike narsiste, dus is die boek geslags
neutraal en in konteks verwys die woord toksiet na beide 'n manlike en vroulike toksiet (hy of
sy). Vir die doeleindes van hierdie skrywe is empate en slagoffers in dieselfde groep hoewel
in die werklikheid is daar ander omstandighede waar hulle mense op hul eie is, of in eie reg
bestaan.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 8