Page 12 - Getroud met 'n Leuen
P. 12
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
destroying the very person that they claim to love, with all their might. If you try to tell them
that they are affecting you badly, they will do some of the following:
• Deny it.
• Make excuses.
• Blame you for criticizing them.
• Paint themselves as the real victim.
• Get angry.
• Devalue you.
• Attack your character and sanity.
• Mentally abandon you.
Nadat ek tot die slotsom gekom het dat ek waarlik nie so sleg kon gewees het soos wat
gemaak is nie, het ek jare gesoek na ‘n verduideliking of 'n antwoord. Die een enkele anker in
my lewe is die Lewende Woord en sy Skrywer, en dit het my laat besef dat iets anders in tel
was, iets wat ek nie verstaan het nie en ook nie van geweet het nie. Ek het heel waarskynlik
meer gelees oor dié soort gedrag en versteurings as baie sielkundige studente wat graad
kursusse volg. Dus is die inligting wat hier weergegee word, deur baie sweet en trane bekom
maar geensins beskou ek myself as 'n sielkundige nie, nog minder as 'n kenner. Daarvoor is
die veld te groot.
So as jy in 'n verhouding met iemand is, maar jou begrip van ‘n normale lewe is innerlik in
stryd met wat jy ervaar in dié verhouding, dan is die boek dalk vir jou. Volgens Amerikaanse
navorsing sê hulle dat ongeveer 7% van vroue en 4% van mans word deur toksiese mense
mishandel of oorheers. Die syfers is natuurlik skeef, want min mans erken dat hulle deur 'n
vrou aangerand word, hetsy geestelik of liggaamlik of beide. In Deel II deel ek die eerste brief
wat my laat wakker word het aan dié werklikheid.
Maar al die leeswerk en navorsing sou nooit tot iets gekom het as dit nie was vir die ontsaglike
genade van ons hemelse Vader wat my lewend gehou het in tye waar daar niemand anders
was nie. Die produk van 'n lang toksiese verhouding is altyd 'n vereensaamde mens met
dieselfde karaktertrekke as die van ‘schizoids’. Selfs na al die onthullings wat mens kry oor tyd
as jy weet waarna om te kyk en as die onbekende eers 'n vorm en 'n naam kry, dan is dit
steeds absoluut wonderbaarlik om te dink dat die Here jou lewendig en/of normaal uit so iets
laat kom. Natuurlik sal alle mense nie dieselfde nagevolge hê nie, want elke toksiese mens
het sy eie intensiteit van verwoesting wat hy toepas op sy slagoffer. Ook sou ek sê dat die
wese van die slagoffer ook spesifieke uitkomste bepaal, soos as jy vroeg oppak en padgee en
of jou Christelike waardes bepaal dat jy probeer om jou huweliksbeloftes na te kom. Hoe dit
ook al sy, in my donker ure het ek die Psalms verwerk om vir my 'n eietydse vrede en
ontvlugting te gee, en om dankie te sê aan die Skepper vir ontsaglike genade. Ek het hulle
Pitkos genoem.
Kyk na hierdie waarheid en verstaan die intensiteit van die probleem: “A narcissist won’t risk
becoming abusive until he or she is confident that you won’t leave. First, he or she will try to
win you over by being the perfect partner and then they will isolate you from friends and
family, even if it means that the concept of love bombing needs to be applied. Abusers do not
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 12