Page 15 - Getroud met 'n Leuen
P. 15
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
indien nie meer as die slagoffer nie. Dit is net nie moontlik dat die verskille so min is nie, maar
hier is dit tog 'n ware werklikheid. Daar is die minimum van gevaarligte. Sowat van na aan
perfek wees kry mens nie aldag nie en hierdie vangs is nie om sommer te laat verbygaan nie.
‘n Mens kan al begin dink aan die oudag wanneer albei op die stoep sit en oor die horison tuur
en uit die verlede herinneringe deel, dalk nog met kleinkinders wat daar rondskarrel of is dit
nou agterkleinkinders?
Die lewe lyk sommer
rooskleurig, die toekoms
kan eintlik nie beter nie.
Elke goeie beginsel is
vervat in hierdie
wonderlike verhouding
wat aan die gebeur is en
wat van dag tot dag net
beter begin lyk. Kort
voor lank is die
verloofring in die sakkie
en dan die
aankondiging. Die
slagoffer is nog steeds
salig onbewus van die
duister pad wat daar
wag, alhoewel die
verhouding gesaai is met
oordrewe komplimente,
geskenke, 'n haastige
pas en liefdes
oorweldiging* tot die
punt waar dit moeilik is
om die fisies liefdesdaad
te weerstaan. Selfs die
intieme sy word deur die
toksiet aangejaag! Die
toksiet daarteenoor
begin al om almal te
vertel hoe gelukkig sy is, dit gaan beslis haar gelukkigste dag wees en een van die grootstes
ooit. Daar kan nie meer gewag word nie, die toksiet het bloed geruik.
Die normale huwelik is die begin van ‘n nuwe reis, 'n nuwe fase van die lewe. Vir baie mense
is dit die suksesvolle afsluiting van hulle eerste doelstelling vir die lewe. Vir ander is dit 'n
ontvlugting uit 'n ouerhuis of verlede wat nie so suksesvol was nie. Dit is wanneer ‘n man en
vrou uit twee verskillende huishoudings hulle eie gesamentlike huwelikspad begin. In die
begin word hierdie twee mense met liefde aan mekaar geheg, en as die band van liefde reg
gesmee word sal dit deur die toetse van tyd sterker en sterker word, maar as dit nie reg
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 15