Page 18 - Getroud met 'n Leuen
P. 18
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
onherroeplik in dié huwelik gevestig, afgedwing en uitgeleef want die toksiet is nie gebore
daartoe in staat om te verander nie. Van hier af is die huweliksmaat slegs 'n verlenging van
die toksiet self met die slegste nagevolge moontlik.
Nietemin moet daar erken
word dat die huwelik as
instelling oor die
algemeen vandag in baie
opsigte in ’n benarde
toestand is. Alles vorentoe
sal afhang of die man en
die vrou God se raad oor
die huwelik vertrou en dit
toepas. Spreuke 3:5, 6 sê
:” Vertrou volkome op die
Here en moenie op jou eie
insigte staat maak nie. Ken
Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad
laat loop”. Hulle moet dit
doen om in God se liefde
te kan bly. Maar ons moet
ook eerlik wees en erken
dat al waarsku die Heilige
Gees ons teen ons
bestemde lewensmaat, en
ons wil is nie volkome in
Jesus gesetel nie, sal ons
nie regtig gehoor gee nie.
Immers sê die Woord dat
niemand is dower as hy wat nie wil hoor nie. En die toksiet is knaend met sy vals oortuigings
en vals Christenskap. Die slagoffer is nou so opgewonde, die dae word afgetel. Daar was nog
geen noemenswaardige onoorkomelike probleme in die verhouding nie, en die huwelik raak
al meer ‘n werklikheid. Die psige van ‘n mens is selde ‘n onderwerp van bespreking by huwelike
in wording, want die partye is meesal blind vir mekaar se foute, blind van liefde. Die toksiet
het sy slagoffer nou amper daar waar dit ‘n sekerheid word dat hulle gaan trou. Die toksiet is
egter nie blind nie, sy verbloem haarself soos 'n verkleurmannetjie.
Stadig maar seker word die planne gesmee, maar uit die toksiet se benadering tot die huwelik
is daar niks wat eg spreek van haar verhouding met God nie. Daar is weinig eg aan haar
verhouding met die slagoffer, maar die toksiet is ‘n meester van verdigsels en ‘n meester van
geheimhouding. Haar lewe is immers geskoei op bedrog en leuens. Die aakligheid hiervan is
dat sy beplan om in die toekoms slegs haar eie behoeftes te bevredig.
Wat sê die Bybel: Waarom wil ’n mens trou? As jy trou, wie moet jy kies as ’n maat? Hoe kan
jy jou vir die huwelik voorberei? En wat kan ’n egpaar help om gelukkig getroud te bly? Dit is
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 18