Page 23 - Getroud met 'n Leuen
P. 23

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Dit sluit klipskansing* in wat 'n weerhouding van hulle tipe liefde is en wat as 'n passiewe-
               aggressiewe taktiek beskou word, wat gaan oor die verkryging van 'n gevoel van beheer deur
               om iemand te vermy, net stilte deur so min as moontlik te sê en ook ontmagtiging. Terwyl dit
                                                                                  ‘n baie ongesonde vorm
                                                                                  van gedrag is, is dit ook
                                                                                  uiters  frustrerend  vir
                                                                                  die  slagoffer  en  is
                                                                                  vergelykbaar  met  'n
                                                                                  ernstige    vorm    van
                                                                                  sielkundige  marteling.
                                                                                  In  dieselfde  gevaarlike
                                                                                  lyn  is  daar  ook  gaslig
                                                                                  gee*. Gaslig gee*is een
                                                                                  van die beste vorms van
                                                                                  manipulasie     en    as
                                                                                  sodanig  is  dit  ‘n  sterk
                                                                                  eienskap  van  'n  narsis.
                                                                                  Die  gebruik  van  gaslig
                                                                                  gee*  is  niks  minder  as
                                                                                  uiters          ernstige
                                                                                  gewelddadige  gedrag
                                                                                  nie.  Gaslig  gee*  is  die
                                                                                             voortgesette
                                                                                  manipulasie          en
                                                                                  breinspoeling  met  die
                                                                                  doel  om  die  slagoffer
                                                                                  toenemende  selftwyfel
                                                                                  te   laat   ervaar   en
                                                                                  uiteindelik hulle gevoel
                                                                                  van           persepsie,
                                                                                  identiteit en selfwaarde
               te laat verloor.

               PITKOS 109 *
               Tree tog op, Here!
               U is die God wat ek altyd loof,
               moet tog nie my gebede onverhoord laat nie,
               Dit is vals mense, mense wat U nie ken nie,
               wat my gees aanval.
               Hulle verwring my siel en wese.
               Met woorde vol haat tref hulle my van alle kante,
               sonder enige rede val hulle my aan.
               My liefde beantwoord hulle met vyandskap,
               en dit terwyl ek nog altyd vir hulle gebid het.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     23
   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28