Page 25 - Getroud met 'n Leuen
P. 25
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
My lyf is seer, my knieë swak, kos kan ek nie verteer,
ek is vel en been, my gees is gestroop.
Mense spot met my;
as hulle my sien, skud hulle die kop.
Help my, Here my God!
Red my op grond van u troue liefde.
Laat hulle sien dat dit u werke is, dat U dit self gedoen het, Here.
Hulle vervloek my, maar U sal my seën!
My aanvallers, die bedrieërs,
sal beskaam word, maar u kind sal bly wees!
Laat my beskuldigers met skande geklee word,
toegewikkel in oneer soos met klere.
Ek sal aanhou om die Here te dank,
Hom loof te midde van u gemeente.
Want Hy staan langs die sagmoedige,
gereed om hom te help teen hulle wat veroordeel en oordeel.
Watter Deel Van Die Verhouding Maak 'n Toksiet Gelukkig?
Narsiste gee om oor persoonlike verhoudings op hulle unieke verdraaide manier. 'n Mens
moet onthou dat narsiste die wêreld baie anders beskou en navigeer as gewone mense.
‘n toksiet se uitsluitlike doel met sy eggenoot/slagoffer, is dat hulle heeltemal aan sy eise
en sy begeertes sal voldoen. Dit is wat sy daaglikse plesier verskaf, dat die slagoffer
aaneenlopend so sal reageer soos hy dit wil hê. Dit is toksiese plesier op sy aller beste.
Baie narsiste gee voor dat daar geen sin in hulle oënskynlik arbitrêre en wispelturige keuses
van slagoffers is nie, en waaraan dit ook lyk asof hulle geen vooraf gedagtenis daaraan gee
nie. Hoewel baie narsiste maak of hulle by tye skaam, sku of dom is, is daar sin in hulle
skynbaar ongestruktureerde en teenstrydige "skiet uit die heup" waansin. Beslis wil meeste
narsiste stadig maar seker hulle eggenoot / slagoffers afkraak tot in 'n toestand van algehele
"uitgeputte gehoorsaamheid en toegee." ‘n toksiet se gees word gevoed deur ‘n slagoffer te
hê wat al sy lewens-, gedrags- en emosionele tekortkominge volledig aanvul asof dit die
toksiet sy eie is, en om dit te kan kry uit ‘n ander lewende wese, moet die ander wese amper
in ‘n zombie verander word. Met ander woorde, die toksiet se einddoel is om sy
eggenoot/slagoffer in onderdanigheid in te dwing of te onderdruk totdat daar geen teenstand
meer is nie. Gevolglik tree die eggenoot/slagoffer uiteindelik presies so op as wat ‘n
geprogrammeerde robot behoort op te tree. Daarom moet die toksiet sy enkel funksie
slagoffer so outomatiseer om te verseker dat hy/sy te alle tye:
• onder beheer is,
• glad nie twis of baklei nie,
• aan al die toksiet se behoeftes voldoen,
• ten volle aandag gee aan die toksiet en haar vereistes.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 25