Page 24 - Getroud met 'n Leuen
P. 24
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
So vergeld hulle my met kwaad vir goed
en haat vir liefde wat ek gee.
Hulle sê: “Sy veroordelaars moet hom skuldig bevind,
laat vals mense hom aankla;
sorg dat hy skuldig bevind word,
laat selfs sy gebed teen hom tel,
sy Christenskap as ‘n misdaad gereken word.
Laat sy sagmoedigheid geen woorde hê nie,
en laat ongekende haat sy siel verwring!
Mag sy kinders wees word, sy huis ‘n bouval!
Laat sy kinders as bedriegdes rondswerf
en tussen die puinhope van verlatenheid en wanhoop struikel.
Laat die skuldeiser beslag lê op al sy besittings,
laat wraakmeelopers plunder
wat hy met moeite bymekaar gemaak het!
Laat niemand hom bevriend nie, nie eers liefde betoon nie,
laat hom nie eers toe om die lot van sy kinders te betreur nie.
Laat sy gedagtenis uitgeroei word,
laat sy gedagtenis binne een geslag uitgeroei word!
Moet sy ouers se sondes nie vergeet nie;
sy moeder se sondes as malligheid nooit uitvee nie.
Laat hierdie vals aantuigings voortdurend geopper word
en sy kinders geen nagedagtenis hê
of goeie herinneringe in hulle geheue behou”.
Hy was nie goed genoeg nie, nie vir sy huis of kinders;
dit is die valse aanklag.
Moedeloos tot die dood toe, moes hy die aftog blaas.
Daar is gehou van vloek en vervloek
moes dit deurentyd ervaar.
Sy teenstanders kon hy nie aanrand en verneder,
dit was nie vir hom bedoel.
Om hom te vervloek is soos om klere te dra,
soos water drink, soos lyfolie aansmeer.
Mag sy vervloeking wees soos klere wat hy dra,
soos ’n gordel wat hy altyd aanhet, dit was sy straf.
Dit was die valse aanklag die valse betoog
van hulle wat slegte dinge oor hom laat kom het.
Maar mag U, die oppermagtige Here,
met my handel na die waarheid, dit wat U in u almag weet!
Red my, want u genade is so groot.
Ek is geestelik arm en tot niks instaat,
en my hart is hewig ontsteld binne-in my.
Soos ’n sprinkaan wat afdop, bly net die vel oor;
soos ‘n skaduwee na sononder, bly daar niks oor nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 24