Page 27 - Getroud met 'n Leuen
P. 27

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               haarself dink en sê, "te hel met ‘n bakleiery met die toksiet en waaroor dit ook al mag gaan,
               dit is makliker om net te doen wat die toksiet wil hê."

               Die tipiese eggenoot of slagoffer is oor die algemeen nie ingestel om betrokke te raak in
               onbehoorlike en betekenislose konflikte nie. Daarom, bykomend tot die keuse van 'n slagoffer
               wat voldoende konflik bestand is, sal die toksiet verseker dat die slagoffer in bedwang bly
               deur van die kleinste dingetjie ‘n oorlog te maak totdat die slagoffer nie meer kans sien om
               terug te baklei nie. Dit kan ook wees dat die toksiet se gedrag en lewe sodanig is dat hy nooit
               die slagoffer as ‘n mens herken nie en daarom ‘n lewe leef waar die slagoffer ge-ignoreer en
               as niks behandel word en sodoende nie regtig bestaan nie. Sodra die slagoffer so uitgeput en
               moeg is vir konflik, sal sy baie goed voorbereid en gekondisioneer wees om die toksiet se elke
               instruksie uit te voer - ongeag hoe verregaande en eensydig dit ook al is. Kortom, indien 'n
               slagoffer heeltemal voldoen aan die toksiet se kondisionerings proses, sal die toksiet uiters
               tevrede en gelukkig wees.





























































               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     27
   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32