Page 31 - Getroud met 'n Leuen
P. 31

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               die slagoffer te vereensaam deur te verseker dat die slagoffer geen vriende van sy eie het nie.
               Die keuse waarmee jy sit is tweeledig, of jy gaan stadig maar seker ten gronde as jy probeer
               om voort te gaan of jy verlaat die huwelik met slegte gevolge vir jou en jou kinders. Hoe hard
               'n mens probeer om ewekansig na die narsistiese huwelik opset te kyk, bly dit onbegryplik.
               Reeds van vroeg af het my vrou daarop aangedring dat die kinders haar ma noem maar vir
               my op my naam. As jy terugkyk dan word die besef al te duidelik hoe fyn hulle beplanning en
               aftakeling is. Toe ons kinders klein was, kon hulle nie genoeg kry van my as ek by huis gekom
               het van werk  af.  Ure  se  genot  om  alles  ingepas  te  kry, bad,  stories  vertel  en  Bybel  lees,
               ensovoorts. Gaandeweg het my vrou se jaloesie en afguns begin om die kinders eers net
               verdag te maak en naderhand al meer neerhalend en verwytend teenoor my oor 'n menigte
               van dinge. Die suurdeeg waarteen die Bybel sê ons moet waak, en verstommend genoeg is
               dit al wat nodig is om 'n familie te kelder as jy lank en venynig daarmee volhou.

               Aanranding  en  verkragting,  of  dit  nou  fisies  of  geestelik  is,  kom  op  alle  vlakke  van  die
               samelewing voor. Dit is gemik teen enige geslag en kan te eniger tyd gebeur, en het ook niks
               met verhoudings te make, slegs met verwronge individue. Dit word verkry deur geweld, soek
               na mag en beheer en dominansie. As een persoon teenoor ‘n ander beheer en dominansie
               uitoefen  met die doel  om  te manipuleer,  is daardie persoon  ‘n  aanrander  en  verkragter.
               Hierdie beheer gebeur nie oornag nie, dit kruip in die verhouding soos ‘n siekte, soos ‘n kanker
               wat vreet en dit affekteer beide partye.

               In ons verhouding was my vrou die meer lewenservare persoon. Dit was een van die dinge
               wat ek van haar gehou het. Sy het ‘n besonderse sin vir humor gehad en was verstandelik baie
               vermoënd. Sy kon gemaklik en maklik met mense praat met ‘n aanklank wat mense van gehou
               het. Sy was ‘n goeie ma vir die kinders. As mens al die pluspunte in ag neem, moes die huwelik
               nooit in trane geëindig het nie.

               Daar was egter ook donker kante aan haar. Een van hierdie kante wat ek nie geken het nie,
               was dat sy en haar familie bedrog ten opsigte van die huwelik gepleeg het deur my nie van
               insidente in haar verlede te vertel nie, maar eerder besluit het om dit te verswyg. ‘n Eed
               geneem het om dit te verswyg. Hierdie besluit het veroorsaak dat sy in vrees gelewe het dat
               ek dit sou uitvind wat weer gelei het tot sinnelose aggressie wanneer situasies opgekom het
               wat haar geheim bedreig het. Alhoewel dit ‘n reuse impak op haar lewe en baie van haar
               besluite gehad het, ook op haar psige, en uitbarstings, het dit tog nie gely tot bekendmaking
               nie. Dus was daardie kennis my nie beskore nie, wel nie totdat dit te laat was nie. Ek moes
               stoei met hierdie ongelooflike irrasionele reaksies en woedeuitbarstings.
               Dié ‘onkunde’ het veroorsaak dat jy naïef toegee aan eise om die vrede te bewaar sonder die
               wete dat die uiteindelike gevolge van die toegee die kweek van ‘n monster tot gevolg sal hê.
               Erger nog is dat ek stilgebly het aanvanklik juis omdat die uitbarstings so onverklaarbaar was,
               en ek altyd op geëindig het as die skuldige. Ja, naïwiteit, stilbly en jou Geloof is nie genoeg om
               ‘n rotsstorting te voorkom nie. Nog minder is dit moontlik om nie krities of verwytend te wees
               nie,  want  vir  jou  is  jy  die  enigste  oorsaak  en  die  enigste  slagoffer,  en  teenaanvalle  is
               onvermydelik as jou vrou/man nie kan sê sy is jammer nie. Die probleem is ‘jammer dan vir
               wat’? ‘n Geheim? 'n Persoonlikheidsafwyking of beide?





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     31
   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36