Page 33 - Getroud met 'n Leuen
P. 33
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Maar daar moes nog iets in daardie donker kant wees. Geen mens kan met soveel woede leef
nie, en tog was dit asof dit net erger en makliker gekom het. Die mees ongelooflikste
aantuigings en beskuldigings waarvoor jy net geen antwoorde gehad het nie. Daar is nie
antwoorde vir versinsels nie. Dus was dit vir my ‘n reuse openbaring toe ek toevallig op ‘n
beskrywing van toksiese huwelike afkom en ek die beeld wat daar geskep is, feitlik net so kon
toepas op wat ek feitlik daagliks beleef het. Ek het meer en meer daaroor gelees en by aanlyn
groepe en beraders aangesluit net om meer kennis te bekom. Ek kon dit net nie glo nie, daar
was duisende mans en vroue wat, soos ek, met so ‘n mens getroud is of was. Uiteindelik kon
ek tot die besef kom dat dit nie uitsluitlik my skuld was nie, maar dat ek grotendeels onwetend
in ‘n gru verhouding in bedrieg is. Ek was ook nie totaal ontoereikend soos wat gemaak is nie.
Geen normale mens of dan regdenkende mens kan pleinweg so ongebalanseerd wees nie.
Daar was net niks sinvol of logies om die huwelik mee te beskryf nie. Sy is ‘n uiters begaafde
mens, maar aan haar woede en uitbarstings was niks begaafds nie. Die goed wat uit haar
mond gekom het, was plein gestel, brutaal en verwoestend. Die regte woorde is haat sonder
grense of haat agter toe deure. Ek kan onthou hoe sy die gemeenste goed net eenvoudig
sonder gewete kon uitslinger, goed wat ondenkbaar was om aan vreemdes toe te snou, maar
sonder skroom teenoor haar man. Die pyn wat hierdie wraaktaal veroorsaak het, is baie erger
as om met ‘n gloeiende dolk in jou mond gesteek te word.
By tye het haar kop net totaal uitgehaak, veral as die kinders moeilik was. Die toksiet het ‘n
hoë dink van haarself en dink dat sy belangriker en beter as ander is. Sy het ook die prestasies
om dit te boekstaaf. Sukkel met kinders, veral as hulle moeilik is, is nie vir die verhewenes nie.
Sukkel met enige iets, is nie vir die verhewenes nie. My vrou het nie ‘n kans laat verbygaan
om my te herinner dat sy die geleerde is nie, en dit was vir haar ‘n bitter pil om te sluk dat ek
met my simpel graadjie meer as sy verdien het.
Haar eiewaan kon net nie versadig word sonder om ander te beheer nie, te manipuleer nie of
te besit nie. Sy het geteer op bewondering van ander en sou tot uiterstes toe gaan om
bewondering te verkry of te bekom. Alles moes altyd die grootste en beste wees. Het die
bewondering nie gerealiseer nie, was dit ontplof tyd. Ontploftyd moes niemand haar teëgaan
nie of ‘n verkeerde woord sê nie, allermins oor haar vermoëns of gedrag. Dit was die wet. Dit
was gegiet in sement. Geld was een van die mees oorheersende faktore, of sal ek eerder sê
die afwesigheid van geld. Sy het 'n obsessie met skoene gehad. Sy het nie net een paar skoene
gehad nie, maar honderde. Baie nooit eers aangehad nie. Dit het sy gekoop terwyl ons
sogenaamd gesukkel het om finansieel al die gate toe te stop, maar met al daai skoene was
dit daar geen kans om bo uit te kom nie. Ja, dit is maar een voorbeeld.
Die woedeuitbarstings het altyd gebeur wanneer ons alleen was of wanneer die kinders al
geslaap het. Ek moes probeer onsigbaar bly, maar helaas was dit tog nie moontlik nie. Ek kon
haar ook nie sinvol verlaat nie want daar was nie ‘n kans vir sinvolle gesprekvoering nie en
buitendien sou sy my vernietig, selfs het ek soms vir my lewe gevrees. Die dreigemente was
eindeloos en onophoudelik. Die draaipunt was nadat sy my op ‘n keer aangerand het, het sy
haar pistool gevat, die kombuisdeur gesluit waar ek was, en gedreig om die kinders te skiet.
Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het sy terug gestorm gekom en geskreeu:” Ek sweer voor
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 33