Page 34 - Getroud met 'n Leuen
P. 34
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
die Here God in die hemel ek sal van jou skei en jou kinders vir wie jy so lief is, van jou af
wegvat en niks en niemand sal jou kan help nie!” Dit terwyl sy bosse hare uit haar kop pluk.
Ja, sy was ‘n mens met konneksies en met kennis en het so ‘n aangename persoonlikheid
gehad dat enige geregsdienaar haar sou glo. Ek sou nie ‘n kans gehad het om voor die gereg
staande te bly nie, ook nie ‘n gesinsadvokaat nie. Elke leuen in die boek sou sy gebruik,
gewetenloos en
sonder om te
skroom. Sy het
almal teen my
opgemaak,
beginnende met
die kinders. Toe my
oudste seun my
kom sien het nadat
ek die huis verlaat
het, was die
woorde wat hy
geuiter het presies
asof dit my vrou
was wat daar gesit
het. Sy was helaas
die wenner van die
laaste rondte. Die
toksiet se hele
lewens ideaal is om
te wees wat sy so
graag wil wees, 'n
verwoester van
lewens en
bedriegster.
Daarom lewe hulle ook ‘n tipe lewe wat lyk of dit uit storieboeke kom. Hulle gee voor asof
alles rondom en binne hulle net die beste is. Hulle valse optrede lyk altyd korrek en niemand
kan ‘n vinger na hulle wys nie. Dit is altans wat hulle glo. Maar dit is die valsheid waaraan ‘n
mens onwillekeurig moet meedoen vir oorlewing. Dit was meesal onuithoudbaar.
Dis nie dat ons nie hulp gesoek het nie. Sy het ‘n hele klomp sielkundiges geken vanuit haar
verre donker verlede. Ons het gaan aanklop by een van hulle maar toe sy van die aanrandings
hoor moes ons na huweliksberaders gaan vir beter evaluasie en hulp. Om die waarheid aan
die huweliksberaders te vertel was so goed as om ‘n doodsvonnis oor jouself uit te spreek.
Voor die beraders was dit ek wat die besetene was en volgens haar was dit ook infame leuens
dat sy fisies geraak het. Terug by die huis was dit asof tien demone losgelaat is, hoe durf mens
vir beraders vertel wat werklik in jou huis plaasvind, die hele soeke vir hulp was ‘n akademiese
oefening, net om te kon sê ons het probeer want daar was toe nie ‘n volgende keer nie. Dis
soos Stephan Coleman se:
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 34