Page 32 - Getroud met 'n Leuen
P. 32

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Ons bou self 'n huis op 'n plot omdat sy nie in 'n huis wil bly wat deur my werk verskaf word
               nie, want dan word ons gereken as een van die gomgatte. Geld was skaars in daardie jare en
               lenings vir huise op plotte was feitlik onbekombaar. Ons maak self stene, sand word agter uit
               die plot aangery en sement gekoop en blokstene met 'n vorm word gemaak. Ek werk die hele
                                                                                  week van sewe tot sewe
                                                                                  om darem  êrens  in  die
                                                                                  lewe te kom. Die plot is
                                                                                  nog 'n halfuur se ry ver
                                                                                  in  die  môre  en  in  die
                                                                                  middag. Saterdae moet
                                                                                  daar  eenvoudig  net
                                                                                  stene  gemaak  word,
                                                                                  geen  tyd  vir  kwaliteit
                                                                                  aandag aan die kinders
                                                                                  of  ander  dinge  nie.  Sy
                                                                                  kuier  weeksdae  by  al
                                                                                  haar  vriende  en  bekla
                                                                                  haar swaarkry. Sy begin
                                                                                  om  koek  te  bak  en  te
                                                                                  verkoop omdat daar nie
                                                                                  genoeg  geld  is  nie,
                                                                                  verwyte  en  nogmaals
                                                                                  verwyte. Maar die kort
                                                                                  van  die  storie  is  dat  sy
                                                                                  nie  genoeg  het  nie,
                                                                                  omdat sy nie kan ophou
                                                                                  skoene  koop  nie.  Nie
                                                                                  goedkoop         skoene
                                                                                  waarvan  ons  praat  nie,
                                                                                  maar  duur  skoene  en
                                                                                  wat nog alles.

                                                                                  As jy nie goed genoeg is
                                                                                  nie  dan  is  jy  nie  goed
                                                                                  genoeg      nie!    Die
                                                                                  probleem is dat dit nie
                                                                                  saak maak hoe goed jy
                                                                                  regtig  is nie,  jy  kan  nie
                                                                                  goed genoeg wees vir 'n
               toksiet nie, want in haar wese bestaan jy nie. Nie ooit nie, maar wat jy nie weet nie, is dat al
               verkoop jy ook jou siel, dit nie goed genoeg sal wees nie. Onwetend lê hierdie probleem nie
               by hoe goed of sleg jy is nie, dit is nie ter sprake nie. Dit lê eerder daarin dat die kinderjare
               trauma by die toksiet na die verkeerde kant toe geslaan het en 'n afwyking veroorsaak het.






               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     32
   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37