Page 37 - Getroud met 'n Leuen
P. 37
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Sy het presies geweet wat om te sê om my dag of dit waarmee ek besig was, te bederf. As sy so gevoel
het, het sy my gebel by die werk en my letterlik vir ‘n uur of meer beskuldig, my vertel in watter hel sy
leef of hoe arm ons is en dit terwyl sy baie
beter gewoond was. Elke dan en wan sou
sy my werk bel om die base in te lig van
hoe die werk nou eintlik na hulle werkers
moes kyk en wat maak mens met so ‘n
ondergeskikte salaris. Maar wat sy nie
vertel het nie, was dat sy nie kon ophou
skoene koop nie. Honderde pare skoene
was in elke rak en gaatjie in die huis
gedruk. Ook nooit gedra nie, maar die geld
is verkwis.
Een ding is baie seker, ‘n toksiet
verafsku swakhede. Jy moet perfek
wees, jy moet ge-orden wees en jy
moet altyd dieselfde wees. Alles wat jy
doen moet volgens haar voorskrifte
geskiet en na haar goedkeuring. Dit is
duidelik uit navorsing dat narsiste nie
van hulleself hou nie.
Hulle kan ander mense
baie vinnig opsom om
hulle dan te gebruik tot
hulle voordeel as die
toksiet dink dat die teiken
van enige waarde kan
wees. Nadat die toksiet
by hierdie mens gekry het
wat sy wou hê, dan word
hulle uitgespoeg en in ‘n
oogwink vergeet.
Dit is baie interessant om
te sien hoe ‘n toksiet
mense wat hulle teiken, se hele lewe kan oorneem of hulle naboots om hulle in hulle mag te
kry. Hulle praat soos die teiken, dra dieselfde klere en praat soos die teiken. Hulle gebruik
dieselfde woorde en taal en self hulle gebare word nageboots. Hulle absorbeer tot dieselfde
vriende en kan selfs ‘n vriendekring oorneem om te laat verbrokkel as die teiken oorgeneem
is. Hulle het nie werklik ware empatie met ander nie, hoewel hulle meesters daarin is om
emosies na te maak. Hoeveel keer het ek dit gesien?
Enige voorstel van my is gewoonlik geïgnoreer behalwe as dit haar gepas het. In die twintig
jaar was ek nooit toegelaat om ‘n vriend te nooi om te kom kuier nie. Dit was ‘n oomblikke
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 37