Page 42 - Getroud met 'n Leuen
P. 42
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Narsiste, op hulle reis na uiteindelike beheer, sal probeer om jou te oortuig dat julle
sielsgenote is. Reg van die begin af sal daai ontploffing van hormone wat mens kry tydens die
begin van 'n verhouding, 'n teken wees wat aandui dat julle bedoel was om saam te wees vir
ewig. Dit is wat die toksiet jou sal vertel, maar jy moet weet dit is tyd om te vlug wanneer
iemand sê hulle voel asof hulle met jou kan trou, en jy ken hulle nog net 'n maand of twee.
Ook sal jy weet dat jy liefdesoorweldig is wanneer jou narsisminnaar te aandagbehoeftig is.
Hulle sal konstant aandag van jou wil hê, en wanneer jy weg is, sal hulle jou bel en met tekste
en oproepe opblaas totdat jy terugkeer. Dit mag wonderlik klink, maar in der waarheid is dit
'n manipulerende maneuver wat hulle gebruik om jou verder in hulle vanghok in te lok. Liefde
oorweldiging beteken uitspattige geskenke. Reg van die begin af, sal jou maat vir jou baie
oulike en romantiese geskenke koop, soos bere, blomme, of selfs duur parfuum. Ouens,
toksiese dames bestaan ook en kan vir jou duur horlosies, duur Cologne of ander duur items
koop. Hierdie vroeë oorvloedige geskenke kan jou aanvanklik goed laat voel, maar met
verloop van tyd sal jy begin om te voel of jy versmoor word. Hulle liefdes aksies sal later nie
meer dieselfde intensiteit hê as wat die gee van geskenke behoort te doen nie, en wanneer
jy kwaad word, sal hulle probeer om jou skuldig te laat voel omdat "hulle soveel vir jou doen"
en jy is dan nie dankbaar genoeg nie. Dit is regtig 'n giftige spel. Hierdie soort "liefde" is
hartverskeurend.
Wanneer dit kom by die liefdes oorweldiging, kry so baie mense seer. Die ergste is dat hulle
dit nooit sien kom nie. As jy nie vertroud is met die taktiek van hierdie soort toksiet nie, sal jy
hals oor kop verlief raak op 'n sprokie. Dit is een sprokie wat nie 'n gelukkige einde sal hê nie.
En jy sal dit ook nie maklik vergeet nie, en soms moeilik oorleef. ‘n Toksiet se aanvanklike
liefde kan meer seer maak as wat die geval sou gewees het as die ou ‘n eerlike vark was, en
die verhouding word dan beëindig. Dit is moeiliker om liefde te verloor as om nooit opregte
liefde te gehad het in die eerste instansie nie.
Die Skokkende Sielkunde Van Nabootsing Wat Narsiste Gebruik.
Angela Atkinson sê: Ek onthou dat ek gedink het ek het my sielsgenoot ontmoet binne 'n paar
weke nadat ons ontmoet het. Dit was so ongelooflik oor hoeveel ons in gemeen gehad het.
Hy was 'n boekleser soos ek en het selfs dieselfde, outydse musiek geluister soos ek destyds
gedoen het. Ons het van dieselfde musiek gehou en ons albei was lief daarvoor om te reis –
die lys kon net aan gaan en aan gaan. En terwyl ek nie veel van hom gedink het toe ons die
eerste keer ontmoet het nie, was dit nie lank voordat ek vir 'n vriend gesê het dat, terwyl ons
so verskillend van mekaar was, ek nie kon glo hoeveel ons in gemeen gehad het nie.
Natuurlik sou ek baie later verstaan dat hy waarskynlik 'n giftige toksiet was, en verhoudings
met narsiste beweeg vinnig. So, binne minder as 'n jaar, sou ons saam woon en toe getroud
wees. Dit was rondom hierdie tyd dat dit my soos ‘n vuishou in die gesig getref het dat alles
van wat hy beweer het ons in gemeen gehad het, 'n volledige opdissing en vervalsing was.
Maar waarom sou hy dit doen?
Hoekom kopieer narsiste jou persoonlikheid sowel as die persoonlikhede van ander? Is dit 'n
manipulasie taktiek? Weet hulle hulle doen dit? Wel, daar is 'n teorie hieroor, en die
antwoorde op hierdie vrae is baie dieper as wat jy sal verwag. So, dit is presies waaroor ons
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 42