Page 44 - Getroud met 'n Leuen
P. 44
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
veroorsaak dat die kind dit baie moeilik vind om nabootsing wat goed is, te kan doen om
sodoende genoegsaam te ontwikkel en te groei.
Hoofstuk Drie: Die Mishandeling Fase.
'n Slagoffer Vertel Sy Storie.
Tom se storie.
Die brief wat hieronder volg, gee 'n wesentlike verduideliking van wat slagoffers oor die
algemeen ervaar wanneer hulle in 'n toksiese verhouding beland.
Vandag deel ons 'n storie van 'n slagoffer wat nie net beklemtoon hoe pynvol toksiese
emosionele mishandeling kan wees nie, maar om 'n manlike slagoffer te wees wat deur 'n
vrou misbruik word, kan 'n unieke moeilike en isolerende situasie wees. Soos baie ander
manlike slagoffers, het Tom jare se mishandeling verduur, beide fisies en emosioneel, voordat
hy ondersteuning vir sy situasie gekry het en die kennis bekom het wat hy nodig gehad het
om die mishandeling, wat hy ervaar het, te identifiseer en dit ‘n naam te kon gee. Ongelukkig,
voor dit, het Tom baie pogings aangewend om simpatiek aangehoor te word, maar hy is
voortdurend gekonfronteer met minagting, wantroue en beskuldigings dat hy eintlik die ware
misbruiker/molesteerder is.
Ons is hartseer dat Hy nog nie die genesing en resolusie kon vind wat hy nodig het om 'n
gelukkige en vervullende lewe te lei nie, maar is geëerd dat hy gekies het om sy storie met
ons te deel. Terwyl jy Tom se weergawe van mishandeling in sy huwelik lees, dring ons sterk
by jou aan om die vele nuanses wat kom, deur 'n manlike slagoffer te wees, raak te sien, en
hoe sy uitdagings, alhoewel soms anders as vroulike slagoffers, ewe geldig en verdienstelik
van erkenning is.
As ek die verskillende stories van mishandeling sien, kan ek nie anders as om 'n bietjie
afgunstig te wees nie. Ek wil nie enige iemand se mishandeling, waardeur hulle gegaan het,
afmaak as nie so erg as myne nie, maar as ek ander se weergawes lees, sien ek hoe daardie
individue hulleself uit die gewelddadige verhoudings kon kry, die stukke van hulle lewe wat
oorbly, optel en weer aan beweeg na ‘n beter lewe. Ek wens ek kon dit vir myself sien.
Ongelukkig bevind ek myself in die tipe situasie waar ek dit moeilik vind om myself te sien
ontsnap.
Die primêre rede hiervoor is dat ek 'n man is. Om 'n man in 'n gewelddadige verhouding te
wees, laat my voel asof ek in 'n ‘no-win’ situasie is, maak nie saak hoe ek optree nie. Ek word
beskou as 'n lafaard as ek niks doen nie, maar as ek probeer om myself te beskerm (maak nie
saak hoe ongeweldadig nie), gaan ek waarskynlik daarvan beskuldig word dat ek die
misbruiker/molesteerder van my vrou is, en enige iemand wat van die situasie uitvind, sal ook
so dink. Ek kan probeer om aan mense te verduidelik, maar ek glo nie mense is werklik begaan
of bekommerd oor mans wat mishandel word nie.
Tans leer ek van mishandeling deur van 'n berader wat spesialiseer in mishandeling gebruik
te maak, wat vir my lig begin werp op wat ek verduur, asook dat dit my hopelik sal help om
uit te vind wat om te doen. Ek het gevind dat so baie van my lewe misvorm is deur die bedekte
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 44