Page 39 - Getroud met 'n Leuen
P. 39
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Sy het geen mens gerespekteer nie, nie eers haar eie ouers nie. Ek was dit nie eens werd om
geken te word nie, meeste van die tyd nie eers werd om genoem te word nie. Elke enkele
belofte wat sy ooit gemaak het wanneer dit oor die huwelik gegaan het (enige belofte eintlik),
het sy verbreek sonder om ‘n oog te knip. Sy kon blitssnel ‘n argument teen haar omdraai en
dan terug projekteer en eindelik eindig jy op as die skuldige. Al ooit probeer om ‘n valse
beskuldiging te probeer wegredeneer? Halwe waarhede is nog erger, want die verkeerde
halwe is die een wat op gehamer word.
Hoofstuk Twee: Bedrieglike Hofmakery
Hoekom Betrek Narsiste Nabootsing In Verhoudings?
Dit is 'n algemene feit dat narsiste van nature baie mededingend, en wanneer jy in 'n
verhouding met hulle is, kan dit voel asof hulle jou identiteit op een of ander manier wil steel.
In die geval van nabootsing, sal hulle in sommige gevalle amper heeltemal soos jy word.
Ironies genoeg sal hulle jou dikwels aantreklik vind vir watter kwaliteit hulle ook al uiteindelik
sal aanneem, en soos die verhouding vorder, kan jy eintlik daardie deel van jouself verloor.
Vir 'n slagoffer of vennoot kan dit verwoestend wees en lewenslange effekte hê. Maar wat is
die sielkunde agter die gedrag van nabootsing van narsiste in volwasse verhoudings?
Daar is verskeie redes waarom narsiste betrokke raak in nabootsing in volwasse verhoudings,
insluitend die volgende:
Narsiste het nie 'n stabiele identiteit nie en daarom steel hulle identiteit by ander – ek praat
nie van die soort diefstal van identiteit wat misdadigers gebruik om jou inligting te steel om
skelm bankrekeninge mee oop te maak om jou geld te steel nie – hoewel die toksiese metode
nie verhewe bo dit is nie. Hulle het nooit 'n ware gevoel van identiteit ontwikkel toe hulle
grootgeword het nie, danksy die gebrek aan oogkontak en menslike konneksie in die vroeë
kinderjare. Hulle kan letterlik probeer om jou identiteit aan te neem.
'n Taktiek om jou te oorreed - nabootsing in narsiste gebeur ook wanneer hulle jou regtig wil
oor wen om met hulle in ‘n verhouding te gaan. Ek hou daarvan om dit 'n soort "sielsgenoot
bedrogspul" te noem, want hulle sal voorgee hulle hou van of hou nie van dieselfde goed
waarvan jy hou en nie hou nie. Byvoorbeeld, as jy lief is vir rugby maar nie regtig van tennis
hou nie, dan sal hulle ook 'toevallig' dieselfde voorkeur hê. As jy iemand ontmoet wat regtig
baie soos jy is, kan dit veroorsaak dat jy voel asof hulle jou sielsgenoot is, en veroorsaak dat
jy ‘n warm gevoel vir hulle ontwikkel.
Hulle gee voor dat hulle intiem is – Narsiste is nie van nature in staat om ware empatie uit te
druk nie. Sekerlik, in sommige gevalle, is hulle in staat om dit te vervals wanneer hulle dit
nodig het, maar oor die algemeen, het hulle nie die vaardighede of selfs die begeerte om 'n
band te ontwikkel wat eg is nie. Maar hulle het toksiese voorraad* nodig, en om dit te kry,
het hulle verhoudings nodig. Hulle verstaan logies dat intimiteit belangrik is. So, hulle gee
voor, en hulle leer om dit te doen deur na jou eie gedrag te kyk. Met ander woorde, hulle
vervals intimiteit deur jou na te boots.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 39