Page 43 - Getroud met 'n Leuen
P. 43
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
hier gaan skryf - die sielkunde van waarom narsiste die persoonlikhede, gedrag, stokperdjies
en spraakpatrone van die mense in hulle lewens kopieer.
Narsiste het 'n manier om jou te kopieer, of na te boots of in sommige gevalle, byna soos
jyself te word. En as jy aan toksiese nabootsing of kopiëring dink, dink jy aan die gemiddelde
toksiet wat soort van dele van die identiteit van ander mense aanneem. Maar wat jy dalk nie
weet nie, is dat hierdie gedrag, so irriterend soos dit kan wees, dikwels die gevolg is van 'n
vroeë kinderwond wat veroorsaak word deur 'n gebrek aan nabootsing in hulle kinderjare. En
terwyl narsiste dit manifesteer deur mense rondom hulle na te boots, kon enige een van ons
deur dieselfde kinderwond aangetas gewees het en dit kan deur ons eie mede-afhanklikheid
manifesteer.
Nabootsing is die gewoonlik onderbewuste nadoen van 'n ander persoon se nieverbale seine.
In leke terme is nabootsing wanneer jy die maniere, gedrag en ander klein maniertjies van
ander mense namaak of aanneem. Dit veroorsaak dat ons verskillende gesigsuitdrukkings
aanneem, lyftaal, sowel as toon en vir sommige van ons sal dit lei tot empatie. Party mense
voer nabootsing so ver dat hulle dieselfde kleur hare kry, dieselfde tipe kleure dra en self so
ver gaan as om die tipe onderklere na te boots, net om aanvaar te kan word.
As volwassenes kan ons nabootsing onbewustelik gebruik as 'n manier om aanklank by ander
te vind. En, ten spyte van wat 'n klomp mense jou sal vertel, is nabootsing nie 'n toksiese
gedrag nie, wel nie tegnies nie. Trouens, nabootsing is 'n normale deel van die ontwikkeling
van die mens. Dit begin so vroeg as die dag wat jy gebore word en is 'n vereiste vir die normale
ontwikkeling van babas en kleuters en jong kinders. Dit help hulle om hulle identiteit te
ontwikkel. Maar wat gebeur wanneer 'n klein mensie nie hierdie belangrike verband tydens
baba wees tyd en vroeë kinderjare ervaar nie?
Die gebrek aan nabootsing in die vroeë kinderjare kan jou langtermyn beïnvloed. As babas sal
mense natuurlik aanpas by watter ouerskap ons ook al kry. Wanneer die baba se ouer
depressief, angstig, gespanne of haar aandag selfs gereeld afgelei word, gee hulle die baba
nie altyd die oogkontak wat hulle nodig het nie. In hierdie gevalle, en in die geval van 'n ouer
wat dalk toksiese persoonlikheidsversteuring het, is die baba byna gedoem op 'n sielkundige
vlak wanneer hy of sy nie die soort verband kry wat hulle nodig het vir hulle brein om normaal
te ontwikkel nie. Gepubliseerde navorsing vertel ons dat dit begin wanneer ons gebore word
en regdeur ons vroeë kinderjare help gereelde oogkontak met ons moeders ons indirek om 'n
gevoel van self te ontwikkel.
Vir die meeste mense sal die natuurlike tye om hierdie soort oogkontak te gee, gebeur tydens
voeding, die ruil van luiers en ander soorte fisiese versorging van hulle babas. En jy sou dink
dat dit 'n soort van natuurlike ding vir die meeste mense is om te kyk na hulle babas en met
hulle praat of met hulle speel, reg? Maar is hierdie dag van vandag is daar verskeie redes
waarom dit soms nie gebeur nie. Dink daaraan dat baie kinders deur ander mense
grootgemaak word of dan ten minste 8 tot 10 ure in ander mense se spasie groot word. Maar
dan kan dit ook wees dat die ma ‘n toksiet is wat bloot net nie vermoënd is om werklike liefde
te gee nie en ook nie vermoënd is om ‘n band te smee met die kind nie. Hierdie toestand
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 43