Page 47 - Getroud met 'n Leuen
P. 47

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               haar werk vir haar doen en meer geld aan haar spandeer, dan sal sy my liefhê. Nadat ek
               hierdie voorstelle vir jare geglo het, ten spyte van 'n gebrek aan bewyse of oortuiging, het ek
               uiteindelik wakker geword vir die feit dat hulle nie net die mishandeling aangeblaas het nie,
               hulle was ‘n deel daarvan.

               Een van die erger voorvalle het gebeur toe 'n pastoor na my huis gekom het om met my en
               my vrou te praat oor ons probleme. Ek is volle versekering gegee dat hy ons situasie goed
               verstaan en het geweet hoe om mishandelings gevalle te hanteer en hoe om dit aan te spreek.
               Dinge het nie gegaan soos ons beplan het nie. My vrou het bedreig begin voel en sy het begin
               met wilde beskuldigings en aantygings. Aanvanklik was dit net die normale dinge en ek het
               net  daar  gesit.  Toe  beskuldig  sy  my  van  een  of  ander  vreemde  seksuele  aanranding  wat
               absoluut geen sin gemaak het nie. Om een of ander rede was dit so absurd, ek het begin lag
               (jammer, ek ken nie die protokol om seksuele aanranding te ontken nie). Op daardie oomblik
               het die pastoor genoeg van my gehad. Hy het 'n honderd en tagtig grade ommekeer gemaak
               en op ‘n halfuur lange tirade teen my gegaan van hoe 'n verskriklike persoon ek is en dat hy
               van die begin af geweet het ek is 'n probleem. Hy het elke aspek van my lewe en karakter
               beledig en dit op gemaak soos hy gegaan het. Vreemd genoeg het hy nie meer van my geweet
               as wat ons saam in ons sessie bespreek het nie. Daarna het die seksuele aanranding en ander
               aanklagte nooit weer opgekom nie en niks anders is gesê nie, behalwe vir 'n paar notas wat
               agter my rug tussen die pastoor en my vrou uitgeruil is.

               Wanneer ek die eerste keer vir iemand sê waardeur ek gaan, stem hulle almal saam met 'n
               bemoedigende  stem.  Soos  ek besonderhede  begin deel,  verander hulle  reaksie. Dit word
               duidelik vir hulle dat om my uit mishandeling te help, morsig en duur sal wees, terwyl dit vir
               die wat help waarskynlik geen lof sal bring nie en eerder tot die teenoorgestelde kan lei. Dit
               is dan wanneer hulle die probleem aangee vir iemand anders of erger, dan begin die blaam
               en beskuldigings.

               Ek het ten minste uiteindelik 'n groep gevind om my te ondersteun en die tipes mishandeling
               wat  ek  ervaar  het,  te  definieer.  Tot  dusver  was  daar  emosionele,  fisiese  en  finansiële
               mishandeling. Ongelukkig is die hulp beperk tot berading en vertel hulle my hoe om myself te
               hanteer. Dit word verwelkom, maar dit stop nie die mishandeling of bied 'n pad vir my en my
               kinders om te ontsnap nie. Vir nou kan ek net aanhou om weg te ‘chip’ en bly ek hoop om een
               of ander manier te vind om uit die verhouding te kom sonder om myself of my kinders seer
               te maak.
               As jy, soos Tom, sukkel om genesende hulpbronne of hoop te vind te midde van jou situasie,
               doen ons 'n beroep op jou om voort te gaan om jouself op te voed oor narsis-mishandeling
               en hulp te soek. Wanneer dit kom by verhoudings soos hierdie, is berading as ‘n paartjie nie
               oor die algemeen die mees doeltreffendste nie. In plaas daarvan, moedig ons elke persoon in
               die paartjie aan om individuele berading te soek of om jou terapeut of dokter van jou situasie
               te vertel.

               Ons vra jou dat jy sal help om die stigma rondom manlike mishandeling te help oorwin deur
               Tom se storie op sosiale media te deel of op watter manier dit ook al gedoen kan word. Ons
               wil ’n ‘baken van hoop wees’ vir slagoffers, ongeag hulle geslag. Deur al die stories te deel,




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     47
   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52