Page 51 - Getroud met 'n Leuen
P. 51
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
inkom, hoe toksies is 'n toksiese huwelik gesien teen jou verbond met jou God en jou kerk en
wat sê beide van jou verbond (huwelik) met 'n toksiet of gewone mens. Oordeel self!
Dis Plein Gevaarlik Om ‘n Verhouding Met ‘n Verborge Toksiet Te Hê!
Verborge narsiste is aanmekaar gesit om mense te manipuleer. Vir hulle is 'n verhouding 'n
lewens speletjie waarin hulle nie op die teiken verlief is nie en ook nie omgee vir die teiken
nie. Hulle is verlief op die gedagte dat hulle verlief is of dan die gedagte dat hulle lief het, maar
in wese is hulle net lief vir hulleself. Hulle leef in 'n eie wêreld waarin hulle die held is, en die
slagoffer is die fiktiewe karakter wat gemanipuleer word. Daar is gewoonlik drie stadiums
waardeur 'n verhouding met 'n toksiet gaan.
Die eerste stadium is gewoonlik die ‘oorweldig met liefde’ stadium (liefdes oorweldiging)
waar die toksiet uit sy pad gaan om die teiken te beïndruk en te oorweldig met liefde. In die
proses gebruik hulle al die inligting wat hulle van die teiken bymekaar maak om van hulleself
die ideale metgesel of maat te maak. Elke greintjie van hulle wese verkrag hulle om die vals
beeld te bou. Hulle is meesters daarin om die teiken se agtergrond te fynkam, die teiken uit
te vra oor haar verlede, haar siel uit te tap om kennis te kry van wat haar hart laat klop, haar
lewens DNA as ware en dit so goed as moontlik te gebruik om die teiken se ideale pasmaat te
wees en uiteindelik die lewensmaat te word. Die teiken kan nie vir 'n beter lewensmaat vra
nie!
As dit voel asof hy nie 'n beter pasmaat ooit kon gewees het nie, OF as dit voel asof jy die
gelukkigste mens op aarde is om so goeie mens te ontmoet het OF as dit aan die begin gevoel
het of die man nie genoeg kon belangstel in jou doen en late nie, dan moet die gevaarligte
begin flikker, veral as die intense belangstelling en vrae na 'n tyd begin kwyn het.
Die tweede stadium is gewoonlik ook die stadium wat die langste aanhou. Dit is die stadium
wat begin nadat die toksiet dink of besef dat hy die teiken vasgevang het. Dit begin gewoonlik
'n dag of twee nadat julle getroud is of kort nadat die eerste baba gebore is. Dit is die
ankerpunt waar die toksiet besluit dat daar nie meer omdraai kans is vir die slagoffer nie. Dit
is verstommend hoe plotseling die tweede stadium kan begin.
Dit is hierdie stadium waar die toksiet sy ware kleure begin wys. Vir die verborge toksiet is dit
nie 'n gegil en geskree nie, want in wese is hy 'n lafaard. Dis die fase waar die subtiele
vernedering begin. Dit is die fase waar die subtiele weggooi van die liefde begin. Binne die
kwessie van 'n kort tydjie is die ongeëwenaarde liefdespel wat aan die begin uitgestal is, net
'n damp wat eens op 'n tyd in die lug was. Dit is die stadium waar die subtiele verkleinering
begin en die afbreek van die slagoffer se karakter en vriendekring. 'n toksiet kan 'n
vriendekring in totaliteit vernietig nadat hy dit binnegedring het net om die slagoffer te
vereensaam.
Die verhouding is nou ‘n totale klug met eienskappe soos:
• emosionele vaagheid of afwesigheid
• net die toksiet bestaan, die slagoffer is niks
• die verhouding het geen balans nie, dis eenrigting bestaan vir die narsis
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 51