Page 54 - Getroud met 'n Leuen
P. 54

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               leefwyse wees. Vir diegene wat met narsiste te doen het, is dit ‘n gruwelike ervaring wat liefs
               vermy  moes  gewees  het.  Oor  die  algemeen  word  baie  oor  fisiese  geweld  gepraat,  maar
               waaroor minder gepraat word, alhoewel langtermyn ernstiger, is emosionele mishandeling
               wat wissel van weerhouding tot beheer, en dit sluit manipulasie en verbale mishandeling in.
               Die aantal mense wat geraak word, is astronomies. Emosionele mishandeling is vermoeiend
               en eet stadig weg aan jou selfvertroue en selfbeeld. Die gevolge is langtermyn, en kan selfs
               langer neem om te herstel as wat fisiese geweld neem om te herstel.

               Slagoffers versag dikwels die impak van geweld. Geweld sluit in die gooi of breek van goed,
               om geklap te word, om gestamp te word, hare word getrek, en selfs gedwonge seks word
               gebruik wat grens aan verkragting. Hier is 'n paar feite wat jy moet weet:

                   •  Gewoonlik vind mishandeling agter geslote deure plaas.
                   •  Mishandelaars ontken hulle optrede.
                   •  Mishandelaars blameer die slagoffer.
                   •  Geweld word voorafgegaan deur verbale mishandeling.
                   •  Misbruik beskadig jou selfbeeld.
                   •  Die misbruiker/molesteerder moet reg en in beheer wees.

                   •  Die misbruiker/molesteerder is besitlik en kan probeer om hulle lewensmaat van
                       vriende en familie weg te hou of te isoleer
                   •  Die misbruiker/molesteerder is hipersensitief en kan met woede reageer.
                   •  'n Geweer in die huis verhoog die risiko van moord met 500 persent.
                   •  Twee-derdes van huishoudelike oortreders van geweld gebruik alkohol.
                   •  Een derde van die slagoffers drink of gebruik dwelms.
               Jy mag dit dalk nie besef dat misbruiker/molesteerders eintlik magteloos voel nie. Trouens,
               hulle is dikwels boelies. Die een ding wat hulle almal in gemeen het, is dat hulle motief is om
               mag oor hulle slagoffer te hê of te kry. Dit is omdat hulle nie voel dat hulle persoonlike beheer
               het nie, ongeag wêreldse sukses. Vir hulle is gewone kommunikasie 'n wen-verloor spel. Hulle
               profiel van hulle persoonlikheid sluit dikwels van die volgende in:

                   •  Onseker oor hulleself.
                   •  Geestelik behoeftig met onrealistiese verwagtinge van 'n verhouding.
                   •  Vol wantroue.
                   •  Dikwels jaloers.
                   •  Verbaal beledigend of gewelddadig.
                   •  Moet altyd reg en in beheer wees.
                   •  Besitlik; kan probeer om hulle lewensmaat van vriende en familie te isoleer.
                   •  Hipersensitief en reageer aggressief.
                   •  Blameer hulle gedrag op ander.

               Die meeste slagoffers van mishandeling reageer op 'n rasionele manier: Hulle verduidelik
               hulleself en glo dat die misbruiker/molesteerder belangstel in wat hulle te sê het. Dit laat
               misbruiker/molesteerders weet dat hulle gewen het en beheer het. In plaas daarvan moet 'n
               mens hulle eie strategie ontwerp en nie reageer nie en sodoende nie die gewelddadige gedrag




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     54
   49   50   51   52   53   54   55   56   57   58   59