Page 52 - Getroud met 'n Leuen
P. 52
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
• gedurige subtiele neerhalende en snedige kommentaar en nog baie meer.
As dit waar is dat daar feitlik ‘n oombliklike verandering binne die verhouding was na ‘n sekere
tyd, OF as jy jouself afgevra het of dit hoegenaamd dieselfde persoon is op wie jy verlief
geraak het OF as dit vir jou voel asof jou gees besig is om binne in jou te sterf, ensovoorts,
dan is dit presies hoe die toksiet te werk gaan.
Die derde stadium is die ‘weggooi’ stadium. Dit is die fase waar die toksiet feitlik al sy
karaktertrekke gewys het binne die verhouding en nou begin hulle met hulle maat te speel.
Nie speel in die sin van 'n goeie spel nie, maar 'n emosionele afbrekende en verwoestende
spel waarin hulle die emosionele perke van hulle maat toets tot die uiterste. Die slagoffer
word opgestel om foute te maak of word bloot valslik beskuldig en kopskuddend veroordeel
in stilte.
Teen hierdie tyd is die slagoffer feitlik heeltemal vereensaam en van al haar vriende en familie
vervreem. Die toksiet wil kyk hoe ver die slagoffer emosioneel gemanipuleer kan word sonder
om hom heeltemal te breek en probeer die slagoffer so ver as moontlik uit te buit op
verskillende vlakke maar veral emosioneel. Daar is nou nie meer veel vriende oor nie en dit
het al begin moeilik raak om die toksiet se verdagmakery teen te werk. Die gevoel bestaan al
klaar dat daar dalk iets nie lekker is met die slagoffer nie. Dit is haas onmoontlik vir die
slagoffer om te ontsnap of om los te kom sonder ernstige gevolge nie.
Die vrae in die slagoffer se gedagtes maal rondom verwarring, die wonder oor wat gebeur
het, die wonder of daar dalk regtig iets geesteliks verkeerd is omdat mens so verlore, verlate
en totaal ontoereikend voel. Die slagoffer wonder wat van die vriende en familie geword het
en of mens regtig sulke behandeling verdien in die lewe. Die toksiet sal verskeie van die
volgende deur die loop van 'n enkele dag doen:
• As jy nie kyk nie, staar hulle na jou met misnoeë.
• Hulle is aanwesig maar stel nie belang in jou nie.
• Hulle sal jou nie persoonlike vrae vra nie behalwe in die liefdesoorweldigings*
stadium.
• Hulle vertel ander mense agteraf slegte goed van jou, maar vooraf prys hulle jou.
• Hulle vertel jou negatiewe goed van jouself en word dan kwaad as jy jou verdedig.
• Hulle ignoreer jou op emosionele vlak.
• Hulle praat met jou maar sê eintlik niks. Dis net om jou te blameer vir jou stilswye.
• Hulle verwyt jou om jou te straf.
• Hulle gee voor om van jou te hou as ander mense in die nabyheid is, sal self vlytaal of
komplimente gebruik sodat ander kan dink hulle is aangenaam en liefdevol.
• Hulle het geen behae in jou gevoelens nie, inteendeel jy is net daar om hulle te dien.
• Hulle praat meesal in die wind as hulle met jou praat en kyk jou nie in die oë nie.
• Hulle laat jou gedurig wonder wat jy verkeerd gedoen het.
• As jy probeer om vir jouself op te staan en 'n punt te stel, beskuldig hulle jou dat jy
verander het, haal iets uit jou verlede aan of beledig jou in jou gesig.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 52