Page 50 - Getroud met 'n Leuen
P. 50

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               spannings vanaf die vorige fase aanvoel totdat die toksiet uitbars, hoewel die uitbarsting se
               tydsberekening onvoorspelbaar is. In die meeste gevalle word die toksiet baie kwaad en neem
               sy frustrasie uit op jou en enigiemand anders. Die toksiet mag skree, onwelvoeglikhede uiter,
               goed gooi, jou fisies seermaak of jou emosioneel afbreek. Dit is asof die toksiet nie homself
               kan inhou oor hoe hy voel nie. Die  toksiese persoon sal jou vertel dat dit jou skuld is, want
               "jy het my verkeerde knoppies gedruk." Dit is 'n miserabele verskoning vir iemand om al sy
               pyn en woede op jou uit te haal. Die toksiet kan ook die stille behandeling* gebruik om jou
               uit te sluit en jou uit die toksiet se binnekring te laat verdwyn. Jy smeek vir kommunikasie,
               maar die toksiet praat met almal behalwe met jou. Hierdie stadium van die Toksiese misbruik
               siklus kan 'n paar minute of 'n paar maande duur. Dit maak egter nie saak wat die lengte van
               die woede is nie, hierdie stadium is skadelik.

               Die vierde fase is die gepaaide harte met blomme fase. Dit is die stadium van die Toksiese
               misbruik siklus wat ons vasgevang hou. Ons leef vir die paar minute van vrede en verwronge
               liefde wat die toksiet uitdeel. Tydens die kalm gedeelte van die siklus vra die toksiet tipies om
               verskoning en smeek om vergifnis. Die verskonings is egter nie eg nie, maar klink iets soos:
               "Ek is jammer ek maak jou gevoelens seer, maar jy druk my knoppies," of "Jy weet hoeveel ek
               jou liefhet, en soms raak ek net so ontsteld wanneer jy nie doen wat ek sê nie." Ons is so
               beseer  dat  ons  enige  vriendelike  woorde  sal  neem  as  'n  belofte  dat  die  toksiet  sal
               verander. Ons voel verlig dat die verhouding nog hoop het, en ons hoef nog nie totsiens te sê
               nie. Ons weet immers nie hoe ons sonder hierdie persoon sou oorleef nie. Ons sal vir jare wag
               vir verandering wat nooit kom nie.

               Definisie Van Emosionele Mishandeling.
               Daar is twee tipes emosionele mishandeling, die een is plein emosionele mishandeling en die
               ander is sielkundige mishandeling?

               Emosionele  mishandeling  is  die  groter  oorkoepelende  term  wat  insluit  die  noem  van
               skelname of om iemand op sy plek te sit. ‘n Emosionele aanrander kan jou verkleinerende
               byname gee, hulle kan jou verkleineer, of sommer net dom, dwaas of lelik noem. Emosionele
               verwaarlosing  of  mishandeling  is  duidelik  in  elke  omstandigheid  waar  jou  maat,  wat
               veronderstel is om aan jou kant te wees, eintlik daarop uit is om jou uitmekaar te skeur, jou
               te verkleineer, klein te laat voel, waardeloos te laat voel, plein liefdeloos te wees en jou te
               misbruik.

               Sielkundige mishandeling is erger in die sin dat die aanrander die slagoffer direk laat twyfel
               aan sy sin van bestaan en realiteit. Op sy felste probeer die aanrander die slagoffer te laat
               twyfel in sy geestelike welstand en of hy by sy volle positiewe is. Dit kan gaslig gee* insluit
               waar die slagoffer so benadeel word dat hy in sy eie geestestoestand (‘sanity’) begin twyfel.
               In uiterste gevalle kan die slagoffer glo dat hy nie geestelik gesond genoeg is om te oorleef
               nie en daarom totaal afhanklik is van die aanrander vir sy bestaan of sin van realiteit.

               Wat sê 1 Kor 7:12-15 van die huwelik? Lees die verse en hoor wat sê Paulus in vers 15. As die
               ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie
               gebind nie. GOD HET JULLE GEROEP OM IN VREDE TE LEWE. Dit is waar die huwelik deel





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     50
   45   46   47   48   49   50   51   52   53   54   55