Page 45 - Getroud met 'n Leuen
P. 45
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
mishandeling. Dit gebeur so dikwels dat dit lyk asof dit natuurlik is om voor ander mense
verneder te word of beledig te word omdat ek nie my vrou tevrede kan stel nie. Die ergste is
egter haar agteraf verdagmakery, wat sy altyd in my afwesigheid kwytraak, en aan wie ook al
wil luister. Ek probeer net alles doen wat ek kan om haar te vermy sodat ek verligting kan kry.
Natuurlik, wanneer ek haar vermy, vertel sy vir mense ek is nie lief vir haar nie of ek wil nie
naby haar wees nie, terwyl sy net voortgaan om my te ignoreer en afsydig teenoor my te
wees. Ten minste laat my vermyding my voel asof ek beheer daaroor het.
Ek is nie seker wanneer die mishandeling regtig begin het nie. Na 'n paar dekades en verskeie
kinders, is tyd net nie dieselfde nie. Ek kan onthou dat reg voor die troue was sy so kwaad en
vernederend teenoor my dat ek in my spore gestop het en gesê het ek gaan nie so met haar
trou nie. Ek het probeer om 'n werklike verskoning uit haar te kry, maar wat ek ook al gekry
het, was meer oor hoe ek nie na haar geluister het nie, as wat dit ‘n apologie blyk te gewees
het, maar dit sou die patroon in ons huwelik word. Die blaam word op my geplaas sodat ek
vir haar om verskoning moet vra vir hoe sy my behandel. Dit is nie dat ek nooit nodig gehad
het om verskoning te vra vir dinge nie; ons almal sê dinge wat ons nie moet nie. Maar as ek
terugdink, was die oorgrote meerderheid van die verskonings vir haar oorreaksies op
eenvoudige goed wat gebeur het of goed wat vir my ‘n bekommernis is in ons verhouding,
maar dié is neerhalend afgemaak.
Die lewe was vir baie jare redelik normaal, tot selfs nadat ons kinders gehad het. Ek moes
haar gebrek aan omgee vir my opgemerk het of die feit dat sy selde enige van die opofferings
wat ek in die huwelik gesit het, opgemerk het. Die probleem is dat ons altyd meer kan doen,
altyd beter kan doen. Dit is konstante mantra vir ons wat ons eggenote wil behaag. Dit is waar,
maar dit neem iemand wat werklik lief is vir ons om dit uit te wys dat om voortdurend te hard
probeer om perfek te wees, nie 'n beter verhouding skep nie, maar dat dit ons een of ander
tyd sal uitbrand en dit kan net die verhouding laat skade ly.
Soos jy kan raai, het my vrou se ‘verborge’ narsisme ingewerk op my begeerte om haar te
behaag en dit was ook die oorsaak van my onsekerhede. Aanvanklik was dit baie subtiel en
het dit gevoel asof sy my net probeer verbeter. Dit lyk vir my dit is elke vrou se begeerte om
haar man te verbeter sodat sy trots kan wees op hom. Maar daar was duidelik geen
wederkerigheid of begeerte van haar kant om op 'n goeie manier aan my behoeftes te
voldoen nie. Daar was bietjie moeite hier en daar as sy iets nodig gehad het, maar nie ‘n ware
begeerte om my lief te hê, of in my behoeftes te voorsien nie, maar baie eerder om vir ander
te sê sy het my lief en dat sy aan my behoeftes voldoen. Wanneer ek enigiets verkeerd of
ongewens van haar sou uitwys, is ek baie sarkasties vertel hoe ‘perfek’ my lewe was met al
my foute wat daarby ingesluit is. By 'n onlangse huweliksberadingsessie het sy selfs so ver
gegaan as om vir die berader te sê dat ek opgehou het om haar lief te hê onmiddellik nadat
ons getroud is.
Ek het eers besef daar is 'n groot probleem toe my vrou my voor die kinders begin aanrand
het. Ek weet dit het hulle regtig verstom, hoewel my jongste dalk nie onthou nie. Ek wil die
fisiese dinge as geïsoleerde voorvalle kategoriseer, maar daar was baie klein voorvalle om
saam met die groot dinge te gaan. Daar was 'n paar keer waar sy probeer het om my seer te
maak tydens seks, maar die meeste daarvan was haar reaksie op my pogings om haar aan te
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 45