Page 41 - Getroud met 'n Leuen
P. 41
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die toksiet moet 'dit' wees wat meet (en oordeel) en NOOIT ‘dit’ wat gemeet en beoordeel
word nie. Letterlik leef hulle die frase "gee hulle 'n pinkie en hulle sal die hele hand gryp."
Hulle doen dit deur die beskikbare dinamika te absorbeer en na te boots en hulle sal ALLE
mense uitbyt, misbruik en te na kom net sodat hulle genoeg toksiese voorraad* kan hê. Hulle
moet dit doen omdat dit die enigste werkende dinamika in hulle lewe is, en omdat hulle nie
'n ware persoonlikheid, emosies, vermoë om ‘n verhouding te skep, het nie en die
belangrikste wat hulle nie besit nie, is EMPATIE!
Definisie Van Liefdes Oorweldiging (Love Bombing)?
Ek wed die frase, "liefdes oorweldiging" klink vir jou wonderlik, is dit nie? Wel, dit is eintlik 'n
taktiek wat narsiste gebruik! Wanneer mense praat van narsiste, is “liefde” die laaste woord
wat hulle daarmee sou assosieer. Dit is omdat wanneer jy besef jy is met 'n toksiese persoon
deurmekaar, is die liefde wat jy gedink het jy eens gehad het, glad nie ‘n werklikheid nie. Dit
is vreemd, want aan die begin was alles 'n warrelwind van avontuur en opwinding. En dit is
hoe dit werk. Die toksiet oorleef deur intens ‘lief’ te hê aan die begin van die verhouding en
dan begin hy om jou af te breek nader aan die einde van die liefdes oorweldigingsfase.
Een van die beste maniere om te verstaan hoe hulle optree, is om te praat oor 'n paar
voorbeelde van hoe hulle jou oplig net om jou in die steek te laat. As jy ooreenkomste in die
regte lewe kan sien, kan dit jou dalk net red van die hel waarheen liefde met ‘n toksiet jou lei.
Om te sê ek is lief vir jou is nooit verkeerd nie. Maar om te sê jy is romanties lief vir iemand,
is 'n ding waaroor jy lank en hard moet dink. Narsiste is berug vir die injaag in verhoudings in
met aankondigings van liefde. En die uitdrukking op hulle gesig laat dit lyk asof hulle heeltemal
opreg is. Op 'n manier is hulle omdat hulle vir die tyd verlief is. Hulle is verlief daarmee om
verlief te wees, nie omdat hulle op jou verlief is nie.
Hier is 'n voorbeeld van hoe 'n toksiet die liefdesbom laat val. Ons hou daarvan as ons kêrels
of vriendinne ons oorlaai met komplimente, is dit nie so nie? Dit is lekker om te hoor dat jy
oulik of mooi is, reg? 'n toksiet gee jou so baie van daardie komplimente, dit voel asof jy in 'n
droom leef. En raai wat, dit is ‘n droom, ‘n nagmerrie. 'n Paar dinge wat 'n toksiet dalk kan sê,
is, "Jy het die mooiste stem wat ek nog ooit gehoor het" of "Ek weet nie hoe ek ooit sonder
jou geleef het nie." Die komplimente is so dik en stroperig, as ons hulle maar net kon sien vir
wat hulle werklik was, maar ons is gehipnotiseerd. Ons hoor hierdie wonderlike komplimente
en dit laat ons goed voel oor onsself en gee ons 'n inspuiting van adrenalien soos nog nooit
tevore nie. Wees op die uitkyk vir hierdie sterk komplimente. Hulle is nie wat hulle voorgee
om te wees nie.
Jy mag dalk oorweldig word met baie komplimente, maar hou hulle dop wanneer hulle 'n kans
op aandag kry. Hulle sal jou blitsvinnig ignoreer net sodat hulle self daardie ekstra kompliment
kan kry, al kom dit ook nou van ‘n wild vreemde mens af. Narsiste sal jou nie net met liefde
oorweldig nie, hulle sal onder 'n stortvloed van liefde van enigiemand op enige plek staan,
net solank hulle dit kan kry. Onthou, dit maak nie saak waar dit vandaan kom nie. Dit maak
net saak dat hulle lewe altyd intens is.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 41