Page 49 - Getroud met 'n Leuen
P. 49
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die toksiet mag dinge sê soos, "Jy is alles waaroor ek gedroom het," of vir jou sê, "Jy is my
alles." Hulle kan jou vertel hy is lief vir jou na net 'n paar ontmoetings, of hulle dring vinnig
aan op intimiteit, sodat jy in verliefdheid verval voordat jy die waarheid sien en baie vinnig
weg hardloop in die teenoorgestelde rigting
Die tweede fase, die beheer en mishandelings fase, van die Toksiese misbruik siklus is waar
die toksiet die meeste skade aan ons emosionele gesondheid veroorsaak. Ons verloor
selfvertroue en ons selfbeeld. Die ergste van alles, ons verloor ons gevoel van die
werklikheid. Ons wêreld begin in elke opsig deur die toksiet gedefinieer word.
Die toksiet gebruik manipulasie gereedskap soos gaslig gee*, wat 'n emosionele en geestelike
aanval op ons intuïsie is,
wat gebruik word om ons
gevoel van die werklikheid
te verander. Byvoorbeeld,
jou maat sê iets wat jou
seermaak, en jy praat met
haar daaroor. Die toksiet
antwoord met, "Ek het dit
nie gesê nie," of "Jy moes
my verkeerd verstaan
het." Jy begin naderhand
glo dat jy jou verstand
verloor. In gevorderde
gevalle begin jy selfs meer
staatmaak op die narsis, dit
is wat die manipuleerder
wil hê jy moet doen.
Die toksiet sal ook taktiek
gebruik om jou te
devalueer, soos die stille
behandeling*. Wanneer
iemand nie met jou praat
nie, voel jy asof jy nie
waardig of waardevol
genoeg is om gehoor te
word nie. Die toksiet kan
ook passief-aggressief wees
of subtiele beledigings
gebruik, almal om jou
selfbeeld en selfrespek te vernietig. Wanneer dit gebeur, het die toksiet gedoen wat hy hom
uitgesit het om te doen: om volle beheer uit te oefen.
Die derde fase is die woede fase. Die skrikwekkende deel van die Toksiese siklus van
mishandeling is die woede gedeelte. Baie oorlewendes rapporteer hulle kan die opbou van
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 49