Page 59 - Getroud met 'n Leuen
P. 59
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
seerkry. Ek het afwaarts gespiraal en iemand by my werk het opgemerk dat ek geestelik baie
sukkel. Hulle het my gehelp om 'n paar geestesgesondheidspesialiste te vind.
Ek het na Beyond Blue en One in Three Foundation gegaan, wat mans ondersteun wat in
mishandelende verhoudings was. Vroulike-tot-manlike geweld is moeilik vir mense om te
verstaan, want gewoonlik is 'n man fisies sterker, maar uiteindelik gaan dit oor geestelike
wreedheid. Daarna is ek met PTSV gediagnoseer. Dit was vir my moeilik om te verwerk, want
ek is nie 'n soldaat of 'n polisiebeampte op die voorste linie nie. Al wat ek gedoen het, was
om mishandeling te ly, so ek het gevoel asof ek 'n swak persoon was. Na berading het ek besef
hoe die siklus van mishandeling ‘n mens affekteer.
Ek het in groot spronge vorentoe gegaan deur dié hulp te vind en die alkohol uit te los. Nou is
ek op 'n baie beter plek met 'n meisie wat my liefhet vir wie ek is. 'n Jaar af in die pad en in 'n
normale funksionele verhouding, demonstreer aan my dat dit wat ek deurgegaan het, was
nie normaal nie, dit was mishandeling.
Hoofstuk Vier: Waar Kom 'n Toksiet Vandaan?
Die Mense Wat Betrokke Is By Die Narsis.
Die hele verhaal gaan daaroor om te vertel wat narsiste aan jou lewe kan doen, maar heel
eerste moet mens
gaan kyk waar
kom 'n toksiet
vandaan of hoe
word hy geskep,
en ons gaan nog 'n
stappie verder
terug. Die rede
daarvoor is dat
meeste narsiste
produkte is van
hulle ouers en die
manier waarop
hulle groot
gemaak is.
Narsiste het
gewoonlik drie
groepe mense in
hulle vriendekring.
Die eerste groep is
die slagoffer(s). Dit
is 'n enkeling of ‘n
baie klein groepie
en hulle is diegene wat die naaste aan die toksiet binne die verhouding is. Dit is waarskynlik
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 59