Page 62 - Getroud met 'n Leuen
P. 62
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
maar daar is baie ander wat nie so sigbaar is nie, soos toksiese ouers en toksiese mense en
vriende, en die invloed wat hulle kan hê op die kwaliteit van die lewe en die huwelik. Daar is
eindeloos meer, maar dit is wat hier oor geskryf word.
Samestelling Van ‘n T o ksiese Ouer?
‘n Toksiese ouer is ‘n ouer wat, meesal onwetend, nie daartoe instaat is om ‘n gesonde
verhouding met hulle kinders te hê nie, en dan raak hulle betrokke in gedrag wat skadelik is.
Hulle is ouers wat swak gedefinieerde grense daar stel vir hulle kinders, wat die kinders belas
met onsinnige verantwoordelikhede, wat hulle skadelike en onsinnige inligting gee wat mis
geïnterpreteer kan word, of hulle kinders hopeloos te veel grense gee wat nie bereik kan word
nie. Daar is weinig hulp wat van die ouers se kant af kom.
‘n Gesonde ouer werk daaraan om die kind op te bou en om die kind te versorg. ‘n Gesonde
ouer laat die kind sterk, vermoënd en goed voel, terwyl ‘n toksiese ouer die kind afkraak en
van geen waarde laat voel nie. ‘n Toksiese ouer kan selfs so ver gaan as om die kind sielkundig
te misbruik, die kind afhanklik te maak van hulle skewe siening van die realiteit.
Wat is die tekens van ‘n Toksiese ouer?
Die tekens is baie dieselfde as die van 'n emosionele mishandelaar, maar daar is ‘n groter
fokus op om hard, koud, baie krities, beherend, veroordelend te wees en onvanpaste grense
te hê. Hulle laat die kind onseker voel en ongemaklik voel, laat hom voel of hy oorbodig is, en
baie keer is daar swak of geen ondersteuning nie. In die geval van toksiese ouers, strek die
impak veel verder. Hierdie kinders het 'n goeie kans om of as narsiste of empate uit te draai.
Maar as die kind eers volwasse is en by vriende kan sien en ervaar dat hy in sy opvoeding oor
tyd eintlik aan emosionele mishandeling blootgestel was, hoe meer sal hy besef dat die
manier hoe sy ouers hom behandel het, wesentlik verskillend was van wat die norm is. Dit
kan selfs wees dat kinders in hulle latere romantiese verhoudings besef dat hulle ‘n ouer of
ouers gehad het wat hulle mishandel het omdat daar ‘n onderbewuste geneigdheid by hulle
is om soos hulle ouers te doen en te reageer vanweë die toksiese verhouding waarbinne hulle
opgegroei het. Dit kan ook die effek hê dat hy vriende kies wat soos sy ouers is of was.
Carolyn Cole sê ”Alhoewel die term ‘mishandel’ mens baie keer aan fisiese mishandeling laat
dink, emosionele mishandeling daaroor gaan om iemand te mishandel op maniere wat as
traumaties gesien kan word.” Sy sê dit kan boelie, verkleinering, manipulering, liefdeloosheid,
afsydigheid, ens. insluit. “Dit laat iemand voel dat hy onwaardig is, waardeloos of nie goed
genoeg is nie. Dit kan uiters pynvol wees vir ‘n kind, want ‘n kind glo dat sy ouer of ouers hom
onvoorwaardelik liefhet. Nie slegs dit nie, die kind het nêrens anders om heen te gaan nie.”
Cole voeg by dat as jy ‘n ouer gehad het wat jou emosioneel mishandel het, dan kan dit ‘n
groot invloed hê op die verhoudings met maats en vriende asook op romantiese verhoudings.
“Romantiese verhoudings en verhoudingstipes as volwassene is baie keer geskoei op die
ervarings en belewenisse tydens die fase van opgroei”, sê sy. “As a terapeut, sal sy gereeld
die tipe verhouding wat ‘n persoon met sy ouers gehad het naspeur om te bepaal waar dié
manier van ouerskap of verhouding of romantiese verhouding sy oorsprong vandaan kry,
veral as dit in ‘n spesifieke soort verhouding gevind word.“
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 62