Page 60 - Getroud met 'n Leuen
P. 60

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               'n eggenoot of familielid. Dit is die persoon of groep mense wat onder die toksiet se masker
               kan sien, met ander woorde diegene wat weet dat sy regte lewe nie is wat ander dink hy is
               nie, wie deur hom mishandel word. Hulle is aan die ontvangkant van mishandeling as gevolg
               van die feit dat hulle die ware karakter en wese van die toksiet kan sien. Hierdie groep word
               onderwerp  aan  verbale  mishandeling,  sielkundige  mishandeling,  minagting  en  haat,  veral
               wanneer dinge nie goed gaan in die toksiet se lewe nie. Die toksiet sal sy/haar negatiewe
               eienskappe op die slagoffer(s) projekteer. Die slagoffers is gewoonlik onderhewig daaraan om
               ter eniger tyd weggegooi te word.

               Die volgende groep is die mense wat hulle waardig ag om hulle te bewonder. Hierdie groep is
               die mense wat deur die toksiet beskou word as minderwaardig te wees in status. Dit is die
               mense met wie die toksiet assosieer uit jammerte of omdat hulle die toksiet positiewe of
               negatiewe voorraad in die vorm van bewondering (positief) of drama (negatief) verskaf. Die
               toksiet ontvang voorraad van hierdie groep deur voortdurend aan homself en ander uit te
               wys dat hy "soveel beter as hierdie verloorders" is. Die toksiet het hierdie mense waardig
               geag om hom en sy ooglopende hoër status in die lewe te bewonder. Die toksiet kies nie die
               mense in hierdie groep om met hom vriende te wees nie, hulle het net die ongelukkige geluk
               gehad om die toksiet in hulle lewe te vind soos medewerkers, bure, klasmaats by die skool,
               ens.  Die toksiet bly  slegs  vriende met hierdie  groep  vir  vermaak  doeleindes.  Hy  kan  met
               hierdie groep sosialiseer wanneer hy nie ander bronne van voorraad het nie of uit verveling,
               maar hy vorm selde betekenisvolle, blywende vriendskapsbande met enigiemand in hierdie
               groep. Hy gebruik dikwels mense in hierdie groep ook vir gunste, ‘n werk, plekke om te bly,
               ens. Dit is nie ongewoon dat die toksiet sleg praat van hierdie mense agter hulle rug nie, veral
               met ander mense in die groep. Die mense in hierdie groep is ook onderhewig daaraan om ter
               eniger tyd weggegooi te word indien hulle ooit die toksiet uitdaag of iets vir ander teen die
               toksiet sou sê.

               Die laaste groep is die mense wat hulle probeer beïndruk. Dit is die belangrikste groep vir die
               Narsis. Hierdie groep mense is gewoonlik meer suksesvol as die narsis, daarom begeer die
               toksiet om hulle te wees. Deur hulle kring te infiltreer en homself in die groep te integreer,
               verhef die toksiet sy status uitermate deur sy verbintenis met hierdie individue. Dit is ook die
               mense wat nooit ooit onder die masker sal sien nie as die toksiet dit enigsins sal kan verhoed
               nie. Hulle dink hy is 'n grootse mens en hulle sien hom as die lewe van die partytjie en altyd
               'n goeie vriend, altyd gereed om 'n helpende hand of 'n bemoedigende woord aan hulle
               vriende te gee. Hierdie mense word egter die meeste ‘n rat voor die oë gedraai. Hulle rol,
               onbekend  aan  hulle,  is  om  die  toksiet  te  voorsien  van  die  versterking  van  sy  kognitiewe
               dissonansie / fantasie lewe eenvoudig deur te glo en nie die dinge te bevraagteken wat die
               toksiet hulle vertel nie. Hierdie mense voed die valse self van die toksiet bloot omdat hulle
               nie van beter weet nie. Hulle word geflous deur 'n verkleurmannetjie wat homself sal insmelt
               in enigiets wat hy nodig het om in te pas by hierdie groep mense. Hy sal hulle godsdiens, hulle
               smaak van musiek, hulle belangstelling in kos, ens. aanneem net om ‘n blywende deel van
               hierdie groep te kan wees, en dit ten alle koste te bly. Die toksiet gaan tot uiterstes toe om
               hierdie mense weg te hou van enigiemand in sy verlede wat die ware self en waarheid van
               die lelike molesteerder ken.





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     60
   55   56   57   58   59   60   61   62   63   64   65