Page 65 - Getroud met 'n Leuen
P. 65
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
dan kan dit as emosionele mishandeling beskou word.” sê Garner. “ Deur oor betrokke te
wees is alles wat jy doen en jou nie die nodige spasie (fisies, geestelik, verstandelik en
emosioneel) te gee nie, is intrusie.”
Sy sê dat wanneer dit gebeur, dan oorskadu die behoeftes van die ouer die behoeftes,
begeertes en wense van die kind. “Die gevolg is dat hulle nie die kind toelaat om sy/haar eie
persoonlikheid te ontwikkel nie, dit kan dan lei tot sielkundige probleme in hulle latere lewe
en verseker ook in hulle latere verhoudings”, sê Garner.
Hulle blameer jou vir ander mense se slegte gedrag: As iemand jou sleg behandel en jy jouself
daarvoor blameer, kan dit nog ‘n teken wees dat jou ouers jou emosioneel mishandel het. “As
iemand jou seermaak of sleg behandel, dan is dit op hulle” sê Bruett. “Maar soms word ons
as kinders geleer dat ons moet vrede maak met mense wat ons sleg behandel sodat ons kan
oorleef, of omdat ons nie regte as kind het nie. Wanneer ons volwasse is, is dit heel moontlik
dat ons hierdie dinamika oordra na ons volwasse verhoudings”.
Jy toon selfmoord neigings: As jy selfmoordneigings het, kan dit ook ‘n teken wees dat jy
emosioneel mishandel is as kind. “Selfmoord of neigings om hulleself te beskadig, soos
verslawing, riskante seks, selfkastyding kan ‘n metode van oorlewing wees om emosionele
bagasie te kan hanteer” sê Bruett. “Natuurlik is dit nie alle mense wat hierdie neigings toon
wat emosioneel mishandel is nie, daar kan baie ander redes ook daarvoor wees”
Diep binne jou voel jy woede teenoor jou ouers: As jy tot vandag toe nog steeds ‘n
onbeskryflike woede teenoor jou ouers het, mag dit ‘n gevolg wees van hoe hulle teenoor jou
opgetree het as kind – op ‘n emosioneel mishandelende manier. “Die ouer onder bespreking
mag nou heel goed wees vir jou, hulle mag jou heel goed behandel, maar jy het ‘n woede of
angs jeens hulle.” Joshua Klapow vertel verder “Net die sig van hulle maak jou gefrustreerd,
hartseer of uitgestres, en jy mag dalk heel waarskynlik nie weet hoekom nie. Jy mag dalk al
die mishandeling uitgeblokkeer het.” Hy sê ook: “As jy hierdie slegte gevoelens jeens jou ouers
het of jy nie van hulle hou nie, dan is dit moontlik dat hulle nie sulke goeie ouers was toe jy
jonk was nie”
Jy is nog steeds bang oor hoe jou ouers sal voel oor jou besluite: Al is jy nou volwasse is en
selfs al woon jy ver van jou ouers af, en jy is nog steeds bang vir wat hulle van jou besluite
dink, dan kan dit wees dat jou ouers oorkrities gewees het en dus emosioneel mishandelend.
“In ander woorde, jy maak besluite op jou eie, maar jy is nog steeds beangs in jou gedagtes
dat hulle dit nie sal goedkeur nie.” sê Dr Klapow. ”Jou besluitneming word oorheers deur die
gedagte ‘Sal my ouers dit goedkeur?’” Hy sê dit is omdat ‘n ouer kleintyd hiperkrities op
sy/haar kinders se keuses, besluite en aksies was tot by die punt waar hulle toe beangs was
om sulke besluite te neem – is hulle nou nog steeds bang vir die kritiek van hulle ouers”
“As elke besluit en aksie wat ‘n kind maak opgevolg word deur kritiek, ‘n veroordeling of
geskree of verkleinering, dan kan dit tot gevolg hê dat kinders tot in volwassenheid gaan
sukkel met besluite neem en ‘n irrasionele vrees om verantwoordelikheid te aanvaar hê”, sê
Dr Klapow. “Weereens is dit nie ‘n klinkklare bewys dat jy emosioneel mishandel is nie, maar
die kanse daarvan is baie groot”
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 65