Page 63 - Getroud met 'n Leuen
P. 63

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Verder sê sy dat as iemand kan verstaan wat hulle ondervind het – of en hoe hulle deur ‘n
               ouer emosioneel mishandel is – dan kan hulle bewus word en weet hoe hierdie ervaring hulle
               in hulle volwassenheid affekteer. Dan kan hulle daaraan begin werk om veranderinge te maak
               aan  die  manier  waarop  hulle  met  ander  mense  interaksie  het.  As  jy  wil  weet  wat  die
               karaktertrekke is van ouers wat mishandel, dan is dit:

               Hulle is buierig: “As ‘n buierige ouer jou gedurig laat voel het dat jy op eiers moet loop, en as
               jy altyd gespanne was as hulle in die nabyheid is, al was dit ook nie net wanneer iets slegs
               gebeur het, dan was dit emosionele mishandelende gedrag”. In toksiese terme kan dit ook
               verteenwoordig word deur een of meer ouers wat toksies is en daarom kry jy binne sulke
               huwelike  kinders  wat  as  goue  kinders*  geklassifiseer  word en  kinders wat  as  swartskape
               geklassifiseer word. Daar is meestal een goue kind en die res is swartskape.

               “As kinders altyd op hulle tone was en altyd bang was dat hulle ‘n fout sou begaan, dan is die
               kanse goed dat hulle later in die lewe probleme sal ervaar. Hoë vlakke van stres terwyl jy
               opgroei veroorsaak veranderinge in die brein en liggaam, en kan ‘n langtermyn impak hê op
               die gesondheid”, sê Garner

               Ouers was oordrewe krities en negatief: As jou ma gedurig gekarring het oor wat sy sien as
               jou foute en ingemeng het in alles, kan dit ‘n teken wees van emosionele aanranding. Dit is
               veral waar as sy jou tans, of in die verlede, gedurig op jou negatiewe gewys het en nooit enige
               melding  gemaak  het  van  al  jou  positiewe  kwaliteite  nie.  Alhoewel  dit  goed  is  om
               konstruktiewe kritiek te kry, is die vraag of hulle altyd konstruktief was en of hulle ekstra
               krities was, of dalk oordrewe krities. Cole sê: ”was dit asof in die situasies jy gevoel het of jy
               niks reg kon doen of dat niks wat jy ooit gedoen het, goed genoeg was nie?”

               Garner sê: ”Bepaal of jou ouers altyd op ‘n negatiewe manier met jou gepraat het, op ‘n
               negatiewe manier oor jou kleredrag gepraat het, of oor hoe jy gelyk het, of jou vermoë om
               iets te bereik, jou intelligensie of wie jy as ‘n persoon was. As jy nog steeds die negatiewe
               kommentaar in jou kop kan hoor, en jy kan dit terug volg na jou ouer, of hulle sê steeds slegte
               goed van jou, dan weet jy hulle reflekteer hulle eie negatiewe gedagtes op jou. Dit kan lei tot
               selfwaarde probleme en onsekerheid”, en dit geld as emosionele mishandeling.

               Die gevolg van hierdie negatiwiteit is dat dit moeilik is om al die negatiewe geraas in jou kop
               oor jouself af te skakel as jy groot is. “As jy baie hard is op jouself, wie se stem is dit wat jy in
               jou gedagtes hoor wat krities en toksies is? Tipies kan dit die stem van ‘n mishandelende ouer
               wees wat jy in jou kop behoue laat bly”, sê Tom Bruet
               Hulle het jou emosies afgemaak as niks of irrelevant: “Net soos jy verwag om ‘n romantiese
               metgesel  emosioneel  beskikbaar  te  hê,  as  jy  terugdink,  was  jou  ouers  altyd  daar  vir  jou
               emosionele behoeftes? “vra Cole. “Een voorbeeld mag wees dat ‘n kind vertel word dat hy
               oorsensitief is”, sê Cole en ‘n ander voorbeeld is “as ‘n kind sê hy word geboelie en die ouers
               maak dit af as net aandagsoek.”

               Hulle was passief-aggressief: As iemand passief-aggressief is, dan is dit wanneer hulle jou nie
               vertel wat dit is wat hulle pla nie. As jy ‘n ouer gehad het was passief-aggressief is, dan is dit






               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     63
   58   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68