Page 64 - Getroud met 'n Leuen
P. 64

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               asof  hulle  aangenaam  is  op  die  oppervlak  en  koud  van  binne,  dan  is  dit  emosionele
               mishandeling” sê Tina B Tessina.

               Ouers was oorangstig is: As jy wil bepaal of jou ouer jou emosioneel mishandel het, dan kan
               jy jouself afvra of hulle altyd kalm was en of hulle oorangstig was. “As jou ouer erg oorangstig
               was en altyd gevra het vir hulp of om vir hulle te sorg of na hulle benodighede om te sien, dan
               erf  die  kind  ‘n  deel  van  daardie  angstigheid”  sê  Garner.  Sy  sê  dit  kan  manifesteer  soos
               wanneer die ouer jou gedurig kontak, gedurig bel, gedurig boodskappe stuur, jou gedurig vul
               met hulle probleme. “As die ouer nie hulle eie angstigheid kan beheer nie, en hard steun op
               die kind om na hulle om te sien, dan neem die ouers die tyd op wat die kind moes speel en
               sosialiseer,” sê Garner . “Die verhoogde vlakke van angstigheid kan ook lei na verhoogde
               vlakke van kortisol in die kind, wat op sy beurt weer ‘n gesondheidsrisiko in die latere lewe
               kan inhou”

               Hulle het jou skuldig gemaak: Jy kan heel waarskynlik herken as iemand jou skuldig maak aan
               iets waaraan jy onskuldig is. En dit is van kritiese belang om terug te dink daaraan of jou ouers
               dit met jou gedoen het. ‘n Emosionele mishandelende ouer maak jou skuldig deur te sê “As
               dit nie vir julle kinders was nie, was ek al lankal weg. Kyk wat ek alles moet doen net vir julle”,
               sê Cole

               Die ma mag dalk goed sê soos: ”As jy vir my lief was..”, of “my vriendin se dogter stop gereeld
               by haar”, of “my vriendin se seun bel haar elke more om te vra hoe dit gaan”, of “kom sit hier
               dat  ons  kan  praat”.  Dit  is  nie  vir  liefdevolle  gesels  nie,  maar  sy  kan  ‘n  manier  hê  om
               kommentaar te lewer op situasies wat die skyn van onskuld het, maar wat eintlik tot doel is
               om jou skuldig te laat voel asof jy goed doen wat verkeerd is, asof jy geen reg op privaatheid
               het nie of asof jy as kind geen regte het nie.

               Die stilswye gedrag: Is dit nie frustrerend nie as jy ‘n probleem met iemand wil bespreek en
               hulle kies dan om jou te ignoreer nie? Wel dit is die opset met ‘n emosionele mishandelende
               ouer ook. “Hulle gee jou die stilswye vir ‘n antwoord” sê Cole, “as jy hulle ontstel, dan praat
               hulle nie verder nie, nie totdat jy om verskoning vra vir iets wat jy nog nie gedoen het nie.”
               Dit geld presies dieselfde vir valse beskuldigings.

               Hulle was fisies daar maar emosioneel totaal afwesig: Toe jy opgegroei het, was jou ouers
               dalk  daar in  lewende  lywe,  maar  eintlik was  hulle nie  daar nie. “Nog  ‘n  aanwyser  van  ‘n
               emosionele mishandelende ouer is die feit dat hy fisies daar was, maar andersins was hy/sy
               afwesig  – het op  die foon  gelê,  op die  rekenaar  gewerk,  of  het  in  ‘n  kantoor  in die huis
               weggeswoeg, of het met almal gepraat behalwe met jou, of nog erger, na almal geluister
               behalwe na jou, of dit mag wees dat hulle verslaaf was aan drank of dwelms,” sê Dr. Tessina.
               “Nou as ‘n volwassene, mag jy dalk nie weet hoe om met mense in ‘n gesonde opset om te
               gaan nie, of jy mag afgestomp en verlore voel. Erger nog, jy mag van jouself afgesluit voel en
               nie weet hoe om jouself te handhaaf nie.”
               Hulle was oor betrokke in jou lewe: Net soos ‘n ouer afwesig en onbetrokke kan wees in jou
               lewe, so kan die totaal omgekeerde situasie natuurlik ook ‘n indikator wees van emosionele
               wangedrag. “As jou ouer oor betrokke was tot by die punt waar jou privaatheid konstant by
               ingemeng is, soos om deur jou dagboek, joernaal, sosiale media, e-posse, ensovoorts te gaan,



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     64
   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68   69