Page 67 - Getroud met 'n Leuen
P. 67
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
beheer oor hulle kinders se ontwikkeling te prioritiseer. Hulle straf al die goed wat strydig is
met hulle ouerlike siening en prys al die goed wat in lyn is met wat hulle as ouers sien as die
kwaliteite van die lewe. Dit hoef nie noodwendig in lyn met aanvaarde norme te wees nie,
maar slegs die ouer se siening.
Vir baie toksiese ouers is die kinders ‘n verlenging van hulle eie identiteit en nie unieke
individue nie. Dit kan insluit dat jy net klere mag dra wat jou ma of pa van hou, net skoene
waarvan hulle hou, net vakke neem waarvan die ouers hou. Die kind mag ook net aan
sportsoorte deelneem waaraan die ouers goedkeuring heg of dieselfde geld vir buitemuurse
aktiwiteite. As dit nie gebeur nie, verkleineer die ouer of ouers die kind en minimaseer wat
hy bereik in areas waar hulle nie saamstem nie.
Daar is dus baie tekens wat vir jou kan aandui of jy in ‘n huis grootgeword het waar
emosionele mishandeling plaasgevind het. Die vraag is nou: Wat maak jy daaromtrent? “Soms
het mense geen idee dat hulle ouers hulle emosioneel mishandel het nie totdat hulle groot is
en dan vanuit interaksie met ander families sien dat hulle nooit normale huislike
omstandigheid ervaar of beleef het nie. “, sê Cole “Dit is wanneer hulle besef dat wat hulle
beleef het, nooit ‘n gesonde familie was nie”. As jy voel dat hierdie punte soos hierbo beskryf
aanklank vind by jou en dat daar emosionele bagasie is wat jy nie wil saamdra nie, dan moet
jy poog om hulp te soek, of om jouself te onderrig deur boeke te lees.
Die ouer-kind verhouding is tipies een van die mees natuurlike en onvoorwaardelike
verhoudings wat daar is in ons dag tot dag lewens. Ons verwag van ons kinderdae tot wanneer
ons al groot is, dat ons ouers ons sal koester, ons beste belange op die hart sal dra en dat
hulle altyd raad sal hê en nie sal skroom om die waarheid te praat nie. Hulle sal ook weet wat
die beste emosionele grense is vir elke kind, en hulle sal weet wat die geestelike waardes is
waarmee die lewe gedek word, veral vanuit die Christelike huwelikswaardes en dat bedrog
ver is van ‘n gesonde kind en ouer verhouding.
Ongelukkig is die realiteit baie anders as in ons drome van ideale verhoudings. Dit kan soms
jare vat vir kinders om te besef dat hulle emosioneel mishandel is, of emosioneel misbruik is
en dit kan nog etlike jare neem vir kinders om die skade wat sodoende aangerig is, te verwerk.
Natuurlik is fisiese mishandeling makliker om op te tel as dit plaasvind. Seksuele mishandeling
kom uit die hande van perverse mense en dit maak dit nog moeiliker om uit te ken, maar
emosionele mishandeling is in die siel van die mishandelaar wat lieg, bedrieg en bedrog pleeg
van die laagste aard op aarde. Dit is bloot omdat die bedoelings meesal net aan die verkragter
bekend is. Baie van die sielkundige en emosionele mishandeling is onder die radar en kan nie
maklik geëien word nie. Nie slegs dit nie, die mense wat dit pleeg is gewoonlik sielkundig
verarm en laakbaar in hulle benadering. In meeste gevalle is hulle slagoffer vir ewig geskaad
of gaan deur hel om anderkant uit te kom, maar selde sonder letsels.
Terwyl dit moeilik kan wees om te erken dat jy 'n ouer/ouers het wat jou emosioneel
mishandel, is dit uiters belangrik om die tekens van so ‘n verhouding te ken en daarvoor op
die uitkyk te wees. Dit is veral belangrik sodat jy dit kan verwerk en sodoende kan aangaan
met jou lewe en te verseker dat jou verhoudings op die regte beginsels geskoei is.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 67