Page 72 - Getroud met 'n Leuen
P. 72
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
liefdesbomaanval wat plaasvind wanneer sy iets van haar kinders nodig het, is daar min
konsekwentheid in 'n
huishouding met 'n toksiese
ma. Haar kinders loop elke
dag op eierdoppe, bang om
hulle ma se woede,
verkleinering en straf op die
hals te haal.
'n Kind se reaksie op hulle
toksiese moeder se
mishandeling word dikwels
ontmoet met
bevraagtekening, skaamte en
verdere gaslig gee. Die
toksiese ma het nie empatie
vir die gevoelens van haar
kinders nie en versuim om
hulle basiese behoeftes te
voorsien. 'n toksiese ma is
geneig om vir haar kinders te
sê dat die mishandeling nooit
plaasgevind het nie. Dit is
algemeen dat die toksiese ma
beweer dat haar kind
oorsensitief is of oorreageer
op afgryslike dade van
sielkundige en emosionele
geweld.
Die toksiese ma het geen gewetenswroeging oor die gebruik van haar emosionele
uitbarstings om haar kinders te beheer en te manipuleer nie, maar wanneer haar kinders hulle
emosies uitdruk, bevraagteken sy dit heeltemal. Sy herlei die fokus na haar behoeftes en plaas
die skuldgevoelens op haar kinders by die geringste teken van ongehoorsaamheid. Sy lok haar
kinders uit en is sadisties bly wanneer haar neerhalendheid en beledigings blywende impak
het.
Empatiese moeders is ingestel op die emosionele welsyn van hulle kinders; toksiese moeders
verteenwoordig 'n perverse siening van die moederinstink.
Toksiese Ouers.
Gelukkig of ongelukkig kan kinders nie hulle ouers kies nie. Male sonder tal hoor mens kinders
wat sê ek wens my ouers was sus of so, of my ouers was soos die of daai. Natuurlik is nie al
hierdie gewensery geregverdig nie want baie kinders sê sulke goed omdat hulle aan die
verkeerde kant van die ouers se reëls loop. Ons weet dat daar baie kinders is wat in hulle eie
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 72