Page 76 - Getroud met 'n Leuen
P. 76
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
albei hiper-waaksaamheid / hiperbewustheid ontwikkel, wat beteken dat hulle sensitief
genoeg is om op te kan tel wat mense se gevoelens is, wat hulle kwesbaarhede is, ensovoorts.
Dit is nie duidelik waarom sommige kinders van narsiste empate word (inherent baie goeie
mense), terwyl ander narsiste word (inherent baie slegte mense), maar dit moet ‘n verband
hou met 'n element van vrye wil toe hulle geleer / besluit het wat die beste manier is om te
oorleef in, wat hulle beskou het, as 'n harde / aggressiewe wêreld.
As kinders van narsiste nie empate of narsiste word nie, is dit waarskynlik dat hulle steeds sal
ly aan (moontlik verlammende) kwessies soos angs, onsekerhede, PTSV en / of verslawings.
Dit neem dikwels baie jare of selfs dekades vir hierdie mense om vrede te maak met hulle
verlede en dit te aanvaar, sodat die wonde kan genees en ander kwessies oorkom kan word.
Die ontwikkeling van bewustheid en begrip en die verkryging van kennis van wat narsisme is,
kan van onskatbare waarde wees, en help om ‘n leeftyd van pyn en verwoesting vry te spring,
of dit kan help om die traumas van die verlede te identifiseer en daaraan te werk om genesing
te vind.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 76