Page 74 - Getroud met 'n Leuen
P. 74

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               menseregte ons huise met mening binnegedring het, plaas die opvoeding op 'n wankelrige
               pad. Mense wat hulle kinders volgens vasgestelde reëls en regulasies grootmaak word deur
               die samelewing gemarginaliseer en ook sommer verwerp. As dié ouers nog die Bybel se reëls
               en beginsels ook nog byvoeg, dan word hulle, en veral die kinders, randakker mense. Ons
               moet tred hou met die gedagte van toksiet tot ons Verlosser met die kerk as Christus se
               instelling.

               Net om seker te maak dat die draad van genade en geloof ook nie verlore gaan nie, moet ons
               eers 'n wyle stilstaan by Kol 3:20 wat vir ons sê dat “Kinders, wees in alles aan julle ouers
               gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.” Daarteenoor het ons die
               verstommende vermaning in Judas 1:18-19 wat vir ons hierdie vermaning gee: “Daar sal in
               die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en
               hulle sal met julle die spot dryf. Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle
               natuurlike drange beheers en nie deur die gees van God nie” en Rom 1:19-25 wat sê “Wat 'n
               mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik
               gebring. Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei
               dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met
               die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet
               hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks
               nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig
               is, maar hulle is dwaas. In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle
               beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange. Daarom gee God
               hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid sodat hulle hulle liggame
               onder mekaar onteer. Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien
               en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.”

               Daar is eintlik net twee soorte mense in die ou wêreld van ons, naamlik die wat aan die Here
               behoort en die wat nie aan die Here behoort nie. Die wie se name in die boek van die lewe
               geskryf is, is soos Paulus van praat in 1 Kor 2: 13b-15 “So verklaar ons geestelike dinge aan
               mense wat die Gees het. Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge
               van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit
               geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle
               dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.” Met ander woorde,
               OF jy glo elke woord wat in die Bybel staan met inbegrip van die bedoeling en instruksie
               van elke vers, OF jy verwerp ALLES. Daar is geen goue middeweg nie. 'n Ouer wat dus sy/haar
               kinders verdeel binne 'n huwelik, wat die gesag van die ander ouer ondergrawe en 'n eie wil
               binne 'n huwelik probeer indwing, wat haar kinders valslik verlei ter wille van haar eie agenda,
               is nie net onBybels nie, maar uiters toksies.


               As ons die kinders van  toksiese huwelike van nader bekyk, is daar basies drie uitkomste vir
               hulle naamlik hulle is of toksies, of empaties of normaal. Daar mag ander uitkomste dalk ook
               wees, maar vir hierdie verhaal gaan dit oor die drie groepe mense. Gelukkig is die kinders wat
               normaal uit so huwelik kom, dis genade van Bo. Die empaat wat uit so huwelik voortspruit, is
               die slagoffer van môre! Hulle is die kinders waarop die toksiet van môre gaan teer en die
               toksiet van môre is die kind uit hierdie  toksiese huwelik wat soos sy ouers of ouer,  toksies is.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     74
   69   70   71   72   73   74   75   76   77   78   79